‘Hou Mil­ner­S­kud­der in WB dop’

Beeld - - Sport - – s­tuff.co.nz

Londen. – Die All Black-le­gen­de Jo­nah Lomu meen die veel­sy­di­ge Ne­he Mil­ner-S­kud­der kan een van die ster­re van die Wê­reld­be­ker-rug­by­toer­nooi in En­ge­land wees.

Lomu het die WB-toer­nooi in 1995 op sy kop ge­keer met sy ver­woes­ten­de krag­spel vir die Ki­wi’s.

Lomu glo Mil­ner-S­kud­der, wat vir die Hur­ri­ca­nes in die Su­per­reeks ge­speel het, kan ver­ras met sy aan­val­len­de ver­nuf.

Die All Blacks se WB-groep word van­dag be­kend ge­maak.

Mil­ner-S­kud­der het sy aan­spraak op ’n plek in die groep ’n groot hup­stoot ge­gee met goeie ver­to­nings op reg­ter­vleu­el in die Rug­by­kam­pi­oen­skap.

“Hy is ’n op­win­den­de ma­sjien. Hy is nie ’n groot vleu­el nie, maar kan sy teen­stan­ders op ’n kort af­stand met ’n gif­ti­ge af­trap flous.

“Die laas­te ou van daai ge­hal­te het, was Jason Ro­bin­son (En­ge­land).”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.