S­chalk droom steeds

Beeld - - Sport -

Twee jaar ge­le­de was ’n te­rug­keer na die Wê­reld­be­ker-ver­hoog die laas­te ding in S­chalk Bur­ger se ge­dag­tes.

Vry­dag­aand het hy ver­staan­baar van oor tot oor ge­glim­lag toe hy ge­praat het oor sy u­nie­ke er­va­ring om oor twee we­ke die vier­de keer na ’n Wê­reld­be­ker­toer­nooi, dié keer in En­ge­land, te ver­trek.

“Dit voel be­slis nie soos my vier­de Wê­reld­be­ker nie,” het Bur­ger ge­sê.

“As ek te­rug­kyk, het ek na­tuur­lik soet en suur ge­had, en dié keer glo ons sal daar meer soet wees. Ek ver­wag dat hier­die bes­te Wê­reld­be­ker tot nog toe sal wees. In dié s­ta­di­um wil ons al­mal hê dit moet nou be­gin. Daar is druk op ons, maar ons ver­wel­kom dit.”

Bur­ger het twee jaar ge­le­de om sy le­we ge­veg na­dat hy me­nin­gi­tis in die hos­pi­taal op­ge­doen het en by die dood om­ge­draai het.

Dit het van­self­spre­kend ver­an­der hoe hy nou na rug­by kyk en hoe hy dit be­na­der, sê hy.

“Ek het al­tyd ge­dink van­jaar se Wê­reld­be­ker sal die ker­sie op die koek wees, maar nou be­te­ken dit so­veel meer as wat dit an­der­sins sou. Ek be­sef nou meer as ooit dat daar ’n rak­leef­tyd in ’n ou se loop­baan is, so ek wil so­veel as moont­lik daar­uit kry.

“Wat met my ge­beur het, is al- tyd in my ag­ter­kop en ek weet ek is baie be­voor­reg om hier te wees.”

Bur­ger het in 2003, as ’n 20-ja­ri­ge sy Wê­reld­be­ker-de­buut ge­maak. Hy sê hy speel nou hy an- ders.

“Toe was ek baie jonk en in ’n an­der fa­se van my le­we. Ek is nou rus­ti­ger – ná my nek­be­se­ring in 2006 is ek be­slis meer sub­tiel. Ek voel ook die tyd dat ek uit rug­by ge­dwing is, het my loop­baan ver­leng. Ek sou dalk nie siel­kun­dig so skerp ge­wees het soos nou nie. Ek is ’n be­ter rug­by­spe­ler as toe. Les­se is ge­leer en skool­gel­de is be­taal.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.