Nu­we re­kord vir Mat­field en Bur­ger

Beeld - - Sport - – Hen­drik Cron­jé

Umhlan­ga. – Vic­tor Mat­field en S­chalk Bur­ger sal die re­kord­boe­ke in van­jaar se Wê­reld­be­ker-rug­by­toer­nooi her­skryf.

Dié twee­tal sal van 19 Sep­tem­ber in B­rit­tan­je in hul vier­de Wê­reld­be­ker speel. Hul­le sal dan ver­be­ter op die re­kord wat hul­le saam met Joost van der West­hui­zen (1995, 1999, 2003), Os du Randt (1995, 1999, 2007), Bak­kies Bo­tha (2003, 2007, 2011), Ja­que Fou­rie (2003, 2007, 2011), Da­nie Ros­souw (2003, 2007, 2011) en John S­mit (2003, 2007, 2011) ge­hou het.

Mat­field en Bur­ger het saam in 2003, 2007 en 2011 se toer­nooie ge­speel.

Mat­field (14 wed­stry­de), Bur­ger (13) en JP Pie­ter­sen (11) kan ook S­mit se re­kord van 17 Wê­reld­be­ker-wed­stry­de laat spat.

Die 38-ja­ri­ge Mat­field sal in van­jaar se toer­nooi die oud­ste spe­ler word om die Bok­ke nog in die rug­by­skou­spel te ver­teen­woor­dig. Os du Randt was die re­kord­hou­er na­dat hy 2007 se toets teen En­ge­land op die ou­der­dom van 35 jaar en 151 dae ge­kies is.

Mat­field is reeds die Bok-re­kord­hou­er vir die mees­te toet­se (123) ge­speel, mees­te toet­se op slot (123), oud­ste Bok-kap­tein (38 jaar en 96 dae), mees­te toet­se teen die Wal­la­bies (27) en mees­te toet­se teen die All Blacks (26).

Hy en Bak­kies Bo­tha se 63 toet­se as ’n slot­paar is ’n wê­reld­re­kord.

Bur­ger is Suid-A­fri­ka se mees er­va­re flank met 73 toet­se op sy kerf­stok en sy 12 toets­drieë is die mees­te deur ’n Bok-flank.

Frans S­teyn, wat een van die on­ge­luk­ki­ges is om die toer­nooi mis te loop, was in 2007 teen Sa­moa op die ou­der­dom van 20 jaar en 118 dae nog die jong­ste Bok om in ’n Wê­reld­be­ker te speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.