Baie lei­ers, maar min fik­se spe­lers

Beeld - - Sport -

Umhlan­ga. – Die S­pring­bok­ke se Wê­reld­be­ker­suk­ses sal van­jaar van die vier ‘kap­teins’ in die groep – Je­an de Vil­liers, Vic­tor Mat­field, Fou­rie du P­reez en S­chalk Bur­ger – af­hang.

Hul­le kan Hey­ne­ke Mey­er se groot­ste troef­kaart wees, óf die Bok­ke se on­der­gang be­te­ken.

Mey­er sou lank oor hul in­slui­tings ge­dink het voor­dat hy Vry­dag­aand hier sy fi­na­le Wê­reld­be­ker-groep van 31 spe­lers aan­ge­kon­dig het.

Hy het vroe­ër ge­sê dat hul­le die vier kap­teins in sy groep is, hoe­wel daar ook ver­skeie an­der se­ni­or spe­lers soos ’n Bry­an Ha­ba­na is waar­op hy sal staat­maak.

Mey­er sal nou ná Vry­dag­aand se aan­kon­di­ging a­sem op­hou om te sien of sy lei­ers ys­koud of vuur­warm in die rug­by­skou­spel in B­rit­tan­je sal wees.

. Hul rol van die speel­veld af sal net so be­lang­rik soos in die toet­se wees. Om 31 spe­lers vir die duur van die Wê­reld­be­ker­toer­nooi ge­luk­kig te hou, sal ’n e­nor­me uit­da­ging vir die Bok-af­rig­ter en sy be­stuur­span wees.

’n Span se suk­ses word dik­wels daar­deur be­paal.

Dit sal die kap­teins se taak wees om te ver­se­ker dat die spe­lers wat nie speel­kans kry nie, deel van die groep voel en ge­luk­kig is.

In 2007 het Ja­ke W­hi­te by­voor­beeld on­ver­wags ’n spe­ler soos Bob Skinstad be­trek om John S­mit-hul­le met die lei­er­skap van die speel­veld te help.

Skinstad het toe meer vir die Bok­ke van die veld as op dit be­te­ken.

. Er­va­ring weeg baie swaar in ’n Wê­reld­be­ker-toer­nooi. Die vier­tal is al­mal koel­kop­pe on­der druk en dít kan af­gee op hul span­maats.

Er­va­ring sal ver­al be­lang­rik in die uit­klop­fa­ses van die toer­nooi wees en skep ver­troue by die spe­lers om hul­le.

Dit sal eg­ter van hul­le ver­wag word om in die span­ho­tel, in die span­bus, op die oe­fen­veld en in toet­se deur voor­beeld te lei.

. Op peil tel De Vil­liers, Bur­ger, Du P­reez en Mat­field tus­sen die bes­tes spe­lers in hul po­si­sies in wê­reld­rug­by.

Hul­le het hul­self ook al ge­noeg be­wys.

. Die wed­stryd­skerp­heid van ver­al De Vil­liers (knie­be­se­ring, ge­kraak­te ka­ke­been) en Du P­reez (knie­be­se­ring) is ’n ysli­ke be­kom­mer­nis.

Ver­skeie ken­ners meen Mey­er moes hul­le daar­oor nie ge­kies het nie. Hul­le het lank­laas ge­speel en min ge­oe­fen.

Hul kon­di­si­o­ne­ring is ’n pro­bleem, ver­al om­dat daar ook an­der staat­ma­kers in die groep is wat nog op die herstelpad is.

Mat­field het ’n goeie toets teen Ar­gen­ti­nië be­leef, maar selfs sy wed­stryd­fiks­heid is nog nie 100% nie. Hy sal ook fi­siek moet in­klim as hy ten kos­te van E­ben Et­ze­beth of Lood de Ja­ger ’n plek in die be­gin­span wil ver­dien.

Uit die vier­tal is Bur­ger se wed­stryd­skerp­heid die e­nig­ste een wat nie on­der ver­den­king is nie.

Die druk sal daar­om so­veel gro­ter op hom wees.

– Hey­ne­ke Mey­er, S­pring­bok

af­rig­ter Re­des waar­om hul­le ’n troef­kaart kan wees: Hiér­oor kan hul­le die Bok­ke sink:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.