Sakpas nog in Port O­wen te kry

Beeld - - Huisgids -

Port O­wen, ’n ge­sog­te wa­ter­front­ont­wik­ke­ling aan die oe­wer van die Ber­g­ri­vier op die Kaap­se Wes­kus, bied steeds puik be­leg­gings­po­ten­si­aal, sê Seeff se a­gent vir die om­ge­wing, A­de­la Ad­lam.

Die ont­wik­ke­ling, wat die sen­tra­le ei­land, Ad­mi­ral Is­land, wa­ter­ka­na­le van so­wat 3,5 km en ’n seil­jag­klub met ’n re­stau­rant in­sluit, is by uit­stek ge­wild on­der ou­er ko­pers wat hui­se vir af­tree- en va­kan­sie­doel­ein­des wil hê.

Met die e­ko­no­mie­se groei aan die Wes­kus, ver­al by die na­by­ge­leë Sal­dan­ha, meen Ad­lam meer re­si­den­si­ë­le, en ver­al jon­ger ko­pers, sal hier be­gin be­lê.

“Dank­sy ’n ver­skei­den­heid prag­ei­en­dom­me, som­mi­ge met ’n eie boot­vas­meer­plek en eer­ste­klas­ge­rie­we, is dit werk­lik ’n top-ont­wik­ke­ling om in te be­lê,” sê sy.

Sy wys daar­op dat Port O­wen ook ’n wa­ter­sport­mek­ka is, met al­les van wa­ter­ski tot vis­vang. “Net langs die ont­wik­ke­ling is daar ’n groot vlei met ’n ver­skei­den­heid vo­ël­spe­sies.”

Vir ban­ke, me­die­se hulp en an­der nood­saak­lik­he­de is daar Veld­drif of V­re­den­burg, waar die groot Wes­kus Mall-win­kel­sen­trum is. Daar is s­ko­le in Veld­drif en V­re­den­burg, as­ook ’n Cur­ro- pri­va­te skool in Lan­ge­baan.

Port O­wen be­staan uit so­wat 1 071 eien­dom­me waar­van die mees­te eie-ti­tel-eien­dom­me is. Erf­groot­tes wis­sel van 600 m² tot 800 m².

50 tot 70 ei­en­dom­s­tran­sak­sies vind jaar­liks plaas teen ’n ge­mid­del­de prys van so­wat R1,3 mil­joen.

Ad­lam sê die pry­se van eien­dom­me is steeds be­kos­tig­baar, ver­al as ’n mens in ag neem dat wa­ter­front­ei­en­dom­me tot 40% meer kan kos.

Leë er­we ver­koop by­voor­beeld steeds vir pry­se van R230 000 tot R400 000.

’n Baie goeie lig­ging met goeie uit­sig­te of wat reg langs ’n ka­naal of die ri­vier ge­leë is, ver­koop vir van R800 000 tot R1 mil­joen.

Woon­stel­pry­se be­gin by so­wat R800 000 vir twee slaap­ka­mers. Hui­se be­gin by R1,1 mil­joen tot so­wat R1,7 mil­joen.

Ad­mi­ral Is­land is die mees eks­klu­sie­we deel en is om­ring deur wa­ter­weë.

Die mees­te eien­dom­me hier het ’n pri­va­te boot­vas­meer­plek. Pry­se wis­sel van on­ge­veer R2,2 mil­joen tot so­wat R8 mil­joen vir ’n luuk­se huis wat reg langs die wa­ter ge­leë is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.