Noord­wes en Gau­teng in eind­stryd

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

U­von­go. – Die na­si­o­na­le net­bal­kroon sal die vol­gen­de jaar weer in die noor­de van Suid-A­fri­ka staan, na­dat Noord­wes en Gau­teng Vry­dag hul plek­ke in van­dag se eind­stryd be­spreek het.

Noord­wes, wat die groep­fa­se bo-aan die pun­te­lys af­ge­sluit het en steeds on­oor­won­ne is, het te veel vuur­krag vir Wes-Kaap se eer­ste span ge­had en hom met 37-15 uit­ge­knik­ker.

Noord­wes was te sterk vir sy Kaap­se teen­stan­der en het min moei­te ge­had om sy moed te breek.

“Ons het al ons spe­lers die week speel­kans ge­gee en ek weet wat ek in al­mal het. Ek hoef my ook nie in die eind­stryd te be­kom­mer oor hul fiks­heid nie – daar is ge­noeg lug in hul lon­ge,” sê Do­ret­te Ba­den­horst, Noord­wes se af­rig­ter. In die an­der half­eind­stryd het Gau­teng ‘n op­win­den­de wed­stryd teen die Vry­staat met 27-20 ge­wen. Die Gau­ten­gers het ook Don­der­dag met se­we doe­le oor Vry­staat ge­se­ë­vier en weer deur­gaans die ki­taar ge­slaan.

Jenny van Dyk se span het die af­ge­lo­pe week met el­ke krag­me­ting ver­be­ter.

Vol­gens haar het haar span dalk sy bes­te peil op die reg­te tyd be­reik.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.