Sa­rah is Ju­lie se wen­ner

Beeld - - Front Page -

Sa­rah S­tan­ley (11 maan­de) se ma het nooit moed ver­loor dat sy ’n kind sou hê nie, al is sy laat in haar le­we ge­troud.

“Net soos Sa­rah in die By­bel het ek lank ge­wag,” het A­de­le S­tan­ley van Hig­hveld, Cen­tu­ri­on, ge­sê toe Beeld haar Son­dag bel met die nuus dat Sa­rah die Ju­lie­wen­ner in Beeld se Ba­ba van die Jaar 2015-kom­pe­ti­sie is.

Toe Sa­rah op 30 Sep­tem­ber ge­bo­re is, was die he­le fa­mi­lie by die U­ni­tas-hos­pi­taal in Cen­tu­ri­on om haar aan­koms te vier, het A­de­le ge­sê. A­de­le was toe reeds 37.

“Sa­rah be­te­ken ‘prin­ses’ in He­breeus – en dit is sy vir se­ker vir ons.”

Sa­rah se guns­te­ling-speel­ding is Ru­pert, ’n ted­die­beer wat A­de­le op haar trou­dag saam met haar trou­ring by haar man, Se­an, ge­kry het.

Die ba­ba is ook dol op Google en Ya­hoo, die ge­sin se twee S­kot­se ter­ri­ërs.

Sa­rah wen die vol­gen­de:

’n 4x4­kamp­bed­jie van R2 400, as­ook ’n 4x4­mo­tor­stoel­tjie met ’n I­so­fix­ba­sis van R2 400, ge­borg deur Af­for­da­ble Brands;

’n Philips Avent­tuit­be­ker­ge­skenk­pak van R600 ge­borg deur Foun­tain Me­di­cal; en ’n S­par­ge­skenk­be­wys van R1 000. Ba­bas jon­ger as ’n jaar kan deel­neem. Die vol­le­di­ge kom­pe­ti­sie­re­ëls is op Beeld se Fa­ce­book­blad of net­werk24.com.

Sa­rah S­tan­ley

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.