Re­ge­ring sal hof­aan­soek teen WB­Bok­ke be­veg

Beeld - - Nuus -

Die re­ge­ring gaan die drin­gen­de aan­soek teen­staan van ’n po­li­tie­ke par­ty wat die S­pring­bok­ke in die hof wil keer om aan die Wê­reld­be­ker-rug­by­toer­nooi deel te neem om­dat die span nie die be­vol­king­sa­me­stel­ling weer­spie­ël nie.

Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van sport en ont­span­ning, en die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) is die re­spon­den­te in die drin­gen­de aan­soek van die re­la­tief on­be­ken­de A­gen­cy for New A­gen­da (ANA) en sy lei­er, Ts­hi­diso Mok­ho­a­nat­se.

Die par­ty is in 2013 as South Africa First deur oud-MK-le­de ge­stig en is nog so by die On­af­hank­li­ke Ver­kie­sings­kom­mis­sie ge­re­gis­treer.

Die ANA gaan die Noord-Gau­teng­se hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria Woens­dag vra om die S­pring­bok­ke te ver­bied om van 18 Sep­tem­ber tot 1 No­vem­ber aan die toer­nooi in En­ge­land en Wal­lis deel te neem.

’n Brief is Sa­ter­dag ook deur die par­ty aan Ber­nard La­pas­set, voor­sit­ter van die In­ter­na­si­o­na­le Rug­by­raad, ge­stuur om Suid-A­fri­ka sum­mier te skors en sy deel­na­me aan die toer­nooi te ver­bied.

“Die doel­be­wus­te en ras­ge­mo­ti­veer­de uit­slui­ting van swart Suid-A­fri­ka­ners uit die (S­pring­bok-span) kan nie on­be­twis ge­laat word nie,” lui die brief on­der meer.

Mok­ho­a­nat­se het Son­dag aan Beeld ge­sê hul­le het ’n “plig om die Grond­wet te hand­haaf”.

“Die uit­voe­ren­de ge­sag, die mi­nis­ter en Sa­ru het die af­ge­lo­pe 21 jaar ge­noeg tyd ge­had, maar het mis­luk om rug­by te trans­for­meer so­dat dit die de­mo­gra­fie van SuidA­fri­ka kan weer­spie­ël.

“Ons meen die span wat na die toer­nooi gaan, is on­reg­ver­dig vol­gens ra­s­kri­te­ria ge­kies. Dit is on­grond­wet­lik en daar­om na­der ons die hof.”

Die S­pring­bok-span in die toer­nooi “gaan ons na­si­o­na­le kleu­re dra, ons volks­lied sing en ons lands­vlag rond­waai, maar hul­le is nie ons nie”.

“Ons moet die ver­rot­ting in rug­by stop­sit. Ons meen reg­ters het ’n plig om die Grond­wet te hand­haaf.”

L­le­wel­lyn P­rin­ce

E­set­hu Ha­sa­ne, M­ba­lu­la se woord­voer­der, het Son­dag ge­sê M­ba­lu­la is be­wus van die ANA-hof­aan­soek. “Die mi­nis­ter gaan dit teen­staan.” M­ba­lu­la het Sa­ter­dag in ’n ver­kla­ring ge­sê hy het ken­nis ge­neem van die on­lang­se o­pen­ba­re pro­tes om­dat ver­dien­ste­li­ke swart spe­lers nie vir die S­pring­bok­ke ge­kies word of speel­tyd kry nie. Hy het met Sa­ru ver­ga­der en die u­nie her­in­ner aan sy trans­for­ma­sie-oor­een­koms.

Die 11 swart spe­lers (uit 31) wat ge­kies is “de­mon­streer ons vor­de­ring en Sa­ru se ver­plig­ting (om sy trans­for­ma­sie­tei­kens) te be­reik”.

Fi­ki­le M­ba­lu­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.