Wê­reld­wyd leef men­se lan­ger, maar nie in SA

Beeld - - Nuus - Ro­chél­le Hu­man

Wê­reld­wyd le­we men­se se­dert 1990 meer as ses jaar lan­ger, maar die le­wens­ver­wag­ting in Suid-A­fri­ka het af­ge­neem.

Vol­gens ’n ont­le­ding van siek­tes en be­se­rings in 188 lan­de wat in The Lan­cet ge­pu­bli­seer is, is Suid-A­fri­ka een van ’n hand­jie­vol lan­de waar die le­wens­ver­wag­ting se­dert 1990 af­ge­neem het.

In 1990 was die ge­mid­del­de le­wens­ver­wag­ting van Suid-A­fri­kaan­se mans 60,46 jaar en van vroue 68,87.

In 2013 was die ge­mid­del­de le­wens­ver­wag­ting van mans 57,67 jaar en van vroue 63,01 jaar.

Sta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka raam die hui­di­ge le­wens­ver­wag­ting by ge­boor­te op 62,5 jaar.

Die plan is om dit teen 2030 tot 70 jaar op te stoot.

Wê­reld­wyd het die le­wens­ver­wag­ting by ge­boor­te vir al­bei ge­slag­te met 6,2 jaar toe­ge­neem, van 65,3 jaar in 1990 tot 71,5 jaar in 2013.

Die ge­son­de le­wens­ver­wag­ting neem ook toe, maar nie so­veel soos die le­wens­ver­wag­ting nie. Men­se leef dus meer ja­re met siek­te en ge­stremd­heid.

Men­se se ge­son­de le­wens­ver­wag­ting by ge­boor­te het wê­reld- wyd met 5,4 jaar toe­ge­neem – van 56,9 jaar in 1990 tot 62,3 jaar in 2013.

A­fri­ka-lan­de suid van die Sa­ha­ra is vol­gens die stu­die van die lan­de met die hoog­ste koers van ge­sond­heids­ver­lies.

Dié wat in 2013 in Le­so­tho of S­wa­zi­land ge­bo­re is, sal na ra­ming min­stens tien jaar min­der goeie ge­sond­heid hê voor hul dood as men­se wat so­wat twee de­ka­des ge­le­de daar ge­bo­re is.

Die kort­ste ge­son­de le­wens­ver­wag­ting wat in 2013 ge­raam is, is Le­so­tho se 42 jaar en die lang­ste Ja­pan se 73,4 jaar ge­had.

Die na­vor­sing is ge­doen deur ’n in­ter­na­si­o­na­le kon­sor­ti­um van na­vor­sers, ge­lei deur die U­ni­ver­si­teit van Washing­ton se in­s­ti­tuut vir ge­sond­heids­me­triek en -e­va­lu­a­sie (IHME).

“Die wê­reld het groot voor­uit­gang met ge­sond­heid ge­maak, maar nou is die uit­da­ging om doel­tref­fen­der ma­nie­re te vind om die hoof­oor­sa­ke van siek­te en ge­stremd­heid te voor­kom of te be­han­del,” het prof. Theo Vos, hoof­skry­wer, ge­sê.

Wê­reld­wyd was die hoof­oor­sa­ke van ge­sond­heids­ver­lies hart­vat­siek­te, la­er­lug­we­gin­fek­sie, be­roer­te, la­e­rug- en nek­pyn en pad­on­ge­luk­ke.

62,5 Sta­tis­tie­ke Suid­A­fri­ka raam die hui­di­ge le­wens­ver­wag­ting by ge­boor­te op 62,5 jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.