Kri­tiek: ‘Dit kwel dat reg­bank JZ moes na­der’

Beeld - - Nuus -

On­danks pres. Ja­cob Zu­ma en die re­ge­ring se be­lof­te om voort­aan hof­be­ve­le te ge­hoor­saam, is dit steeds ’n bron van kom­mer dat die reg­bank hom daar­oor moes na­der.

Adv. Jo­han Kru­ger, di­rek­teur van die Sen­trum vir Grond­wet­li­ke Reg­te, het so ge­sê ná ’n ge­skied­kun­di­ge ver­ga­de­ring Don­der­dag tus­sen Zu­ma en hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng in die U­nie­ge­bou in P­re­to­ria.

Kru­ger het saam met Mo­goeng ge­stem dat die reg­bank as fi­na­le in­stel­ling ’n grond­wet­li­ke plig het om die Grond­wet en die reg te in­ter­pre­teer en om e­ni­ge wet of op­tre­de wat teen­stry­dig daar­mee is, on­gel­dig te ver­klaar.

“Geen per­soon of staats­lig­gaam mag by die funk­sies van die hof in­meng nie. ’n Hof­be­vel of -be­sluit ver­bind al­le per­so­ne of staats­lig­ga­me op wie dit van toe­pas­sing is.”

Mo­goeng het die ver­ga­de­ring in Ju­lie aan­ge­vra weens ver­skeie voor­val­le van o­pen­ba­re kri­tiek op die reg­bank deur on­der meer se­ni­or ANC-, re­ge­rings- as­ook SAKP-lei­ers.

Dit het ’n hoog­te­punt be­reik na­dat die re­ge­ring vroe­ër ’n hof­be­vel oor pres. O­mar alBa­sjir van Soe­dan ver­ont­ag­saam het.

In­tus­sen het Den­nis Bloem, Co­pe-woord­voer­der, ook ge­sê Zu­ma moet ’n voor­beeld stel en se­ker maak elk­een in die re­ge­ring ver­staan die oor­een­koms.

“Die­ge­ne wat hof­be­ve­le op

L­le­wel­lyn P­rin­ce

e­ni­ge wy­se ver­ont­ag­saam, moet af­ge­dank word, an­ders sal ons tot die ge­volg­trek­king kom dat Zu­ma ’n skyn­hei­li­ge is wat een ding sê en ’n an­der ding doen, of al­ter­na­tie­we­lik ANC-le­de steun wat die oor­een­koms ver­breek,” het hy ge­sê.

Die ANC self het ook Don­der­dag die ver­ga­de­ring ver­wel­kom en sy ver­bin­te­nis tot die on­af­hank­lik­heid van die reg­bank en die skei­ding van mag­te en re­spek vir die op­per­ge­sag van die reg her­be­ves­tig.

Adv. Jo­han Kru­ger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.