Plat­min in hof ge­pak oor myn op plaas

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Regs­lui vir Men­se­reg­te doen Don­der­dag aan­soek om ’n drin­gen­de hof­be­vel teen Pi­la­nes­berg Pla­ti­num Mi­nes (Plat­min) om sy myn­bou­be­dry­wig­he­de op die plaas Wil­ger­spruit sum­mier te staak.

Lui­dens hof­stuk­ke is die Le­sethleng-ge­meen­skap van die grond af­ge­dryf toe Plat­min voor­be­rei­dings be­gin tref het vir ’n oop­groef­myn en moet die grond da­de­lik aan die ge­meen­skap te­rug­ge­gee word.

Die hof­stuk­ke is ver­le­de week by die Ma­hi­keng-hoog­ge­regs­hof in­ge­dien, vol­gens Lou­i­se du P­les­sis, van Regs­lui vir Men­se­reg­te.

Die ge­meen­skap het die grond in 1919 ge­koop, maar kon weens on­der meer a­part­heid nie ti­tel­ak­tes daar­voor kry nie. Die ge­meen­skap het al die koop­brie­we om te be­wys die grond be­hoort aan hul­le.

Die ge­meen­skap het glo in 2008 ver­neem “’n stam­o­wer­heid” het myn­reg­te op Wil­ger­spruit ge­kry.

“Al het die ge­meen­skap nie in­ge­stem tot die myn­be­dry­wig­he­de nie, het die ak­ti­wi­tei­te be­gin. Die myn het de­le van die plaas af­ge­kamp en die grond ont­bos.

“In die pro­ses is die ge­meen­skap se wa­ter­py­pe ge­breek. Die myn­maat­skap­py het glo ook vei­lig­heids­wag­te aan­ge­stel om die ge­meen­skap te keer om op hul grond te kom.”

In Ok­to­ber 2014 het Regs­lui vir Men­se­reg­te ’n brief aan Plat­min ge­skryf. Plat­min het glo ’n paar maan­de aan die eis ge­hoor ge­gee, maar op 22 Maart van­jaar die ge­meen­skap se hui­se en an­der struk­tu­re be­gin plat­stoot. Op 5 Au­gus­tus is die ge­meen­skap in­ge­lig dat hul “ver­blyf­reg” op die grond ver­val het.

Leigh King, Plat­min se woord­voer­der, het ge­sê Plat­min wil nie re­a­geer op die aan­ge­leent­heid nie om­dat dit “op pad hoog­ge­regs­hof toe is”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.