75% van leeu­tro­feë van SA af uit­ge­voer

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Meer as 10 000 leeu­tro­feë is tus­sen 2003 en 2013 van A­fri­ka na die res van die wê­reld uit­ge­voer. Hier­van was 7 480 van Suid-A­fri­ka af­koms­tig.

Con­ser­va­ti­on Acti­on Trust (CAT) het in ’n ver­kla­ring ge­sê in die lig daar­van dat die Wê­reld­be­wa­rings­u­nie (IUCN) meen daar is net 20 000 van hier­die “i­ko­nie­se kat­te” in die na­tuur oor, is dit skok­kend om te be­sef A­fri­ka-re­ge­rings het in tien jaar 10 000 per­mit­te uit­ge­deel so­dat leeus in tro­fee­jag­tog­te dood­ge­skiet kon word.

Vol­gens De­reck Jou­bert, fo­to­graaf en rol­prent­ma­ker, is dit moont­lik dat self meer leeus ge­jag is om­dat baie A­me­ri­ka­ners en Eu­ro­pe­ërs nie hul tro­feë saam­neem huis toe nie.

Daar is net se­we A­fri­ka-lan­de – Suid-A­fri­ka, Ke­nia, Tan­za­nië, Zimbabwe, Na­mi­bië, Mo­sam­biek en Botswa­na – waar leeus nog vry­lo­pend voor­kom.

Net Botswa­na en Ke­nia het tro­fee­jag om be­wa­rings­re­des ver­bied.

Suid-A­fri­ka het so­wat 2 100 wil­de leeus, Tan­za­nië 15 600, Zimbabwe 850, Zam­bië 1 150, Mo­sam­biek 2 700 en Na­mi­bië 600. Dit is nie amp­te­lik be­kend hoe­veel wil­de leeus in Botswa­na en Ke­nia voor­kom nie.

Tot voor Ja­nu­a­rie 2014, toe tro­fee­jag in Botswa­na ver­bied is, kon jag­ters jaar­liks tien leeus in dié land jag.

Jef­frey Floc­ken, Noord-A­me­ri­kaan­se streeks­di­rek­teur van die In­ter­na­si­o­na­le Fonds vir Die­re­wel­syn (I­faw), het in ’n ver­kla­ring ge­sê die pro­bleem met tro­fee­jag is dat jag­ters nie na­tuur­li­ke roof­die­re is nie.

“Hul­le tei­ken die groot­ste die­re met die groot­ste tan­de of ho­rings en dig­ste maan­ha­re.”

Vol­gens Andrew Le­ve­rid­ge van Wil­dCru, die na­vor­sings­be­wa­rings­een­heid van die Ox­for­dU­ni­ver­si­teit, is die na­deel van leeu­jag dat jag­ters hoof­saak­lik man­li­ke leeus in hul vi­sier het. “Dít het tot ’n af­na­me in man­ne­tjie-leeus in A­fri­ka ge­lei.”

Vol­gens CAT is dit wel so dat die mees­te leeus wat in SuidA­fri­ka ge­jag word, in fa­si­li­tei­te ge­teel word, spe­si­aal vir jag­tog­te.

Daar is na ra­ming so­wat 7 000 ge­blik­te leeus wat in hag­li­ke om­stan­dig­he­de in kam­pies op teel­pla­se aan­ge­hou word.

In Suid-A­fri­ka is daar tans 200 teel­plek­ke.

CAT voor­spel dat wil­de leeus in Zimbabwe bin­ne die vol­gen­de de­ka­de sal uit­sterf. 700 leeu­tro­feë is van 2003 tot 2013 van Zimbabwe uit­ge­voer, ter­wyl die land tans net 850 leeus in die na­tuur oor het.

Ce­cil die leeu wat on­langs vir baie om­stre­den­heid ge­sorg het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.