Do­ku­men­tê­re rol­prent wys ‘ver­draai­ings in ge­skie­de­nis’

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Be­la-Be­la (Warm­bad). – Ver­mink­te, be­bloe­de en ver­kool­de ly­ke uit die ge­weld­da­di­ge a­part­heids­e­ra en de­le van toe­spra­ke van dr. Hen­drik Ver­woerd en Nel­son Man­de­la is deel van die do­ku­men­tê­re fliek Tain­ted Heroes, wat A­friForum ver­vaar­dig.

Hy het dit Vry­dag by sy na­si­o­na­le tak­kon­gres ver­toon.

Ernst Roets, uit­voe­ren­de ad­junk­hoof van A­friForum, het aan die kon­gres­gan­gers ge­sê dié vi­deo “is deel van die ge­skie­de­nis wat die ANC nie wil hê men­se moet sien nie”.

Daar is dub­be­le stan­daar­de en ver­draai­ings in die ge­skie­de­nis. Die vi­deo wys dat “die ANC se hel­de nie on­be­vlek­te en­gel­tjies was nie en ons voor­va­ders nie al­mal boos nie”.

Roets het ge­sê dit is on­ver­staan­baar dat Kings­way in A­man­zim­to­ti na Andrew Zon­do ge­noem is wat op 23 De­sem­ber 1985 ’n bom in ’n win­kel­sen­trum in dié kus­dorp ge­plaas het.

A­friForum se Fo­rum Films en Roets het die af­ge­lo­pe drie jaar aan die do­ku­men­tê­re fliek – dit is nog nie ge­re­di­geer nie en het ’n ou­der­doms- perk van 18 jaar – ge­werk.

Vroeg in die vi­deo word Ver­woerd ge­wys waar hy in ’n toe­spraak ge­sê het dat “a­part­heid dik­wels ver­keerd ver­staan word en dat dit eint­lik oor goeie buur­man­skap gaan”. Diep­te-on­der­hou­de is met on­der an­de­re Man­go­sut­hu But­he­le­zi van die IVP, To­ny Le­on, oud-DA-lei­er, en oud­genl. Siphi­we Ny­an­da, oud­weer­mag­hoof, ge­voer om ’n blik op die land se ge­skie­de­nis te gee.

Die on­der­hou­de word af­ge­wis­sel met gru-to­ne­le van die Kerk­straat­bom­ont­plof­fing in Mei 1983, ’n land­myn­ont­plof­fing in 1985 op ’n plaas bui­te Mu­si­na, die bom­ont­plof­fing op 23 De­sem­ber 1985 in ’n win­kel­sen­trum in A­man­zim­to­ti, hals­snoer­moor­de in towns­hips en die ver­kool­de en ver­mink­te ly­ke van slag­of­fers van die ge­veg­te tus­sen die IVP en die ANC.

Die kon­gres­gan­gers het met van die gru­sa­me beel­de na hul a­sem ge­snak.

Fo­to: A­LET P­RE­TO­RI­US

Ernst Roets

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.