‘Staan op en doen dit self’

Or­ga­ni­sa­sie wei­er om ’n slag­of­fer te wees

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Be­la-Be­la (Warm­bad). – In­dien “ra­di­ka­le groe­pe” soos die EFF grond be­set, sal A­friForum “ge­meen­skap­pe mo­bi­li­seer” om te ver­se­ker dat die reg­te van grond­ei­e­naars deur reg­stap­pe be­skerm word.

Buurt­wag­te sal ook ingespan word om die vei­lig­heid van A­friForum-le­de te ver­se­ker.

Dít is van die be­lang­rik­ste mo­sies wat A­friForum die na­week op sy kon­gres aan­vaar het.

Die ver­val van mu­ni­si­pa­le diens­te weens die on­be­voegd­heid van die re­ge­ring word deur A­friForum ge­sien as ’n sken­ding van le­de se reg­te.

“Af­hank­lik­heid van die re­ge­ring moet ver­vang word deur ge­meen­skap­pe wat op hul­self staat­maak om pro­ble­me op te los,” lui ’n ver­kla­ring.

Cor­ne­li­us Jan­sen van Rens­burg, uit­voe­ren­de ad­junk­hoof van A­friForum, het ge­sê hul­le “wei­er om slag­of­fers van po­li­tie­ke om­stan­dig­he­de te wees”.

“Ons sê vir A­fri­ka­ners as jy on­se­ker is, staan op en doen dit self.”

Hy het ge­sê Suid-A­fri­ka is ’n mens­ge­maak­te ramp­ge­bied waar bur­gers weens die mis­daad­pan­de­mie gy­se­laars in hul eie hui­se is.

Die kon­gres­gan­gers het aan­vaar “po­li­tie­ke kor­rekt­heid” sal nie A­friForum se op­tre­de voor­skryf nie, maar dat hul­le al­tyd mo­reel aan­vaar­baar sal op­tree.

Op die kon­gres is be­ves­tig dat A­friForum ge­mik is op die A­fri- ka­ner as ’n min­der­heids­groep. “Dit be­te­ken nie die or­ga­ni­sa­sie is teen e­ni­ge an­der ge­meen­skap nie.

“Op pro­vin­si­a­le en na­si­o­na­le vlak sal A­friForum al­tyd streef na we­der­syd­se re­spek en aan- vaar­ding tus­sen ge­meen­skap­pe.”

Kon­gres­gan­gers het saam­ge­stem dat dit nie in die be­lang van die A­fri­ka­ner is om “A­fri­ka­ner­skap” so te be­vor­der so­dat an­der ge­meen­skap­pe uit­ge­sluit voel nie.

“A­fri­ka­ners moet self vir hul toe­koms sorg,” het Jan­sen van Rens­burg ge­sê.

Fo­to: REINT DY­KE­MA

Cor­ne­li­us Jan­sen van Rens­burg, uit­voe­ren­de ad­junk­hoof van A­friForum, het op dié bur­ger­reg­te­or­ga­ni­sa­sie se kon­gres bui­te Be­la­Be­la (Warm­bad) ge­sê Suid­A­fri­ka is ’n mens­ge­maak­te ramp­ge­bied weens die mis­daad­pan­de­mie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.