‘He­le land moet stel­sel kry vir buurt­wag­te’

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Be­la-Be­la (Warm­bad). – So­wat 2 000 erns­ti­ge ge­weld­mis­da­de, moord en ge­wa­pen­de roof­tog­te in­ge­sluit, word el­ke dag in Suid-A­fri­ka aan­ge­meld.

Boon­op is daar el­ke dag by­na 700 hui­sin­bra­ke.

Dr. Frans Cron­jé, hoof van die Suid-A­fri­kaan­se In­s­ti­tuut vir Ras­se­ver­hou­din­ge (SAIVR), het dié sta­tis­tie­ke Vry­dag op die kon­gres van die bur­ger­reg­te­groep A­friForum by die Klein Ka­ri­ba-va­kan­sie­oord ge­gee.

Hy het ge­sê mis­daad neem skerp toe se­dert 2012, toe genl. Ri­ah P­hiy­e­ga as na­si­o­na­le polisiehoof aan­ge­stel is.

A­friForum het op die kon­gres ’n mo­sie van wan­troue in P­hiy­e­ga aan­vaar en “ge­stem” dat sy as polisiehoof ver­vang moet word.

Cron­jé het ge­sê “die daag­lik­se ge­weld­da­di­ge aan­slag kan nie deur die po­li­sie al­leen op­ge­los word nie. Ge­meen­skap­pe sal al hoe meer na hul eie vei­lig­heid moet om­sien”.

Vol­gens die SAIVR se sta­tis­tie­ke is Lim­po­po die vei­lig­ste pro­vin­sie en Gau­teng en die Wes-Kaap die ge­vaar­lik­ste.

A­friForum het op die kon­gres ’n mo­sie aan­vaar dat hul buurt­wag­stel­sel uit­ge­brei word. Daar is tans 55 buurt­wag­te land­wyd en 300 ge­merk­te pa­trol­lie­voer­tuie wat so­wat 50 000 km per maand af­lê.

Ian Ca­me­ron, hoof van ge­meen­skaps­vei­lig­heid, het ge­sê ’n land­wye buurt­wag­stel­sel waar­deur dor­pe en stre­ke met me­kaar ver­bind is, is ’n doel­wit van A­friForum. “Dit is die doel­tref­fend­ste op­tre­de teen mis­daad. In dor­pe waar buurt­wag­te is, het mis­daad met tot 60% ge­daal.”

Hul­le werk dik­wels met die po­li­sie saam om mis­da­di­gers aan te keer.

Hy het ge­sê buurt­wag­le­de moe­nie ar­ro­gant met die po­li­sie wees nie.

Elk van so­wat 400 kon­gres­gan­gers het ’n “Buurt­wag in ’n boks” ge­kry met on­der meer ’n DVD oor die buurt­wag­struk­tuur en ’n ma­te­ri­aal­sleu­tel­hou­er met plas­tiek­hand­skoe­ne, ’n ver­band en pleis­ters in sou ’n lid op ’n nood­ge­val af­kom. Buurt­wag­le­de help ge­reeld met nood­si­tu­a­sies, soos wan­neer bran­de uit­breek.

Ku­ru­man in die Noord-Kaap se buurt­wag is as die bes­te in die land aan­ge­wys.

Ca­me­ron het ge­sê se­dert 1994 is 395 000 men­se land­wyd ver­moor en 136 953 voer­tuig­ka­pings is se­dert 2004 aan­ge­meld.

“Ons hoef nie stil te bly nie. Ons moet op­staan. Ons moet self op­tree. Lands­bur­gers moet vir hul eie vei­lig­heid sorg,” het Ca­me­ron ge­sê.

Ca­me­ron en Cron­jé het ge­sê daar is ’n groei­en­de ten­dens dat men­se om ver­skeie re­des nie mis­daad wil aan­meld nie.

Fo­to: SAL­MON BECKER

Frans Cron­jé

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.