Buf­fett word ’n 85ste jaar ry­ker

Beeld - - Nuus - Bron­ne: Bloom­berg, Da­zein­fo, Wi­ki­pe­dia, The Wall S­treet Jour­nal

War­ren Buf­fett, die der­de ryk­ste per­soon ter wê­reld, het Son­dag 85 jaar oud ge­word.

Teen vroeg­og­gend was daar nog geen nuus oor hoe dié be­leg­gings­ghoe­roe en fi­lan­troop van O­maha, Ne­bras­ka, dié myl­paal gaan vier nie, maar dit sou vir se­ker ’n groot af­fê­re wees.

In die ver­le­de is groot ver­jaar­dae met hu­mor en groot­se ge­ba­re ge­vier. Toe Buf­fett 50 jaar oud ge­word het, was sy koek in die vorm van ’n ses­pak-Pep­si’s, sy guns­te­ling­dran­kie voor­dat hy ’n Co­caCo­la-aan­deel­hou­er ge­word het. Dié ge­leent­heid is saam met 500 men­se by New York se luis­ter­ry­ke Me­tro­po­li­tan Club ge­vier.

Vir sy 75ste ver­jaar­dag was die koek in die vorm van ’n $100-noot.

Toe hy 76 jaar oud ge­word het, het hy ook met Astrid Menks, sy le­wens­maat, ge­trou. Menks en Buf­fett het se­dert 1977 saam­ge­woon na­dat hy en sy vrou, Su­san, van ta­fel en bed ge­skei is. Su­san is eers in 2004 oor­le­de; die eg­paar het nooit amp­te­lik ge­skei nie.

Op sy 82ste ver­jaar­dag was Buf­fett die een wat ge­sken­ke uit­ge­deel het – hy het $600 mil­joen se aan­de­le aan sy drie kin­ders se guns­te­ling-wel­syn­or­ga­ni­sa­sies ge­skenk.

Buf­fett het die af­ge­lo­pe jaar nog ’n myl­paal ge­vier – sy 50ste jaar aan die stuur van Berks­hi­re Hat­ha­way. Al hoe meer men­se be­gin vra wie hom as uit­voe­ren­de hoof gaan op­volg, maar Buf­fett en C­har­lie Mun­ger (91), sy vriend en sa­ke­ven­noot, is tjoep­stil.

Buf­fett het die laas­te paar jaar ge­sê ’n kan­di­daat is “ge­reed” om hom as uit­voe­ren­de hoof te ver­vang, maar hy het nog nooit ge­sê wie dit is nie. Buf­fett het wel ge­sê sy oud­ste seun, Ho­ward, sal hom as voor­sit­ter van die di­rek­sie ver­vang.

Buf­fett toon nog geen te­ken dat hy hom aan die sa­ke­wê­reld gaan ont­trek nie en skaaf steeds aan Berks­hi­re Hat­ha­way.

’n Paar we­ke ge­le­de het die maat­skap­py Pre­ci­si­on Cas­t­parts Corp. (PCC), ’n maat­skap­py wat toe­rus­ting vir die ruim­te­vaart- en e­ner­gie­sek­tor ver­vaar­dig, be­kom.

Vry­dag het dit rug­baar ge­word dat Berks­hi­re Hat­ha­way meer as 10% van die be­lang in P­hil­lips 66, ’n o­lie­raf­fi­na­de­ry van Hou­ston, Tex­as, ge- koop het.

Buf­fett se net­to ba­te­waar­de is tans $64,2 mil­jard. Hy het reeds as tien­ja­ri­ge be­sluit hy gaan teen 35 ’n mil­joe­nêr wees – ’n myl­paal wat hy toe op 30 ge­haal het. Buf­fett het sy eer­ste aan­de­le ge­koop toe hy 11 jaar oud was. Dit was drie aan­de­le in Ci­ties Ser­vi­ce Pre­fer­red teen $38 elk. Dit was ook sy eer­ste du­re les, want hy het die aan­de­le ver­koop na­dat dit eers ge­styg en toe be­gin daal het – en daar­na het die aan­deel tot $200 ge­vlieg. Se­dert­dien glo Buf­fett on­wrik­baar daar­in om die aan­de­le van goeie maat­skap­pye te koop en dit oor die lang ter­myn te hou.

Buf­fett het drie kin­ders, Su­sie, Ho­ward en Peter.

)

Han­lie S­tad­ler

War­ren Buf­fett

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.