Vars bries waai deur ver­ga­de­ring

Beeld - - Nuus -

Die don­ker pak­ke is nog daar, maar ’n vars bries waai deur Nas­pers se jaar­lik­se aan­deel­hou­ers­ver­ga­de­ring in Kaapstad.

Koos Bek­ker, nu­we voor­sit­ter en vo­ri­ge uit­voe­ren­de hoof, het Vry­dag vir ’n meer ont­span­ne at­mos­feer by ’n ge­woon­lik sty­we by­een­koms ge­sorg deur die Nas­pers­di­rek­sie en top­be­stuur te laat op­staan so­dat aan­deel­hou­ers kan sien wie is wie. Hy het elk­een met ’n grap­pie of twee aan die ge­hoor be­kend ge­stel.

Bek­ker het, an­ders as by som­mi­ge an­der ge­no­teer­de maat­ skap­pye se jaar­ver­ga­de­rings, her­haal­de­lik gas­te ge­nooi om vrae te vra, raad te gee of kom­men­taar te le­wer.

’n Kor­po­ra­tie­we vi­deo is ge­wys wat Nas­pers se ver­skeie in­ter­na­si­o­na­le han­dels­mer­ke in die e­han­del­ en be­taal­TV­be­dryf wys, en ter­wyl stem­me ge­tel is, het Bob van Di­jk, uit­voe­ren­de hoof, ’n advertensie ge­wys van Nas­pers se aan­lyn­diens vir ge­klas­si­fi­seer­de advertensies, OLX. OLX het wê­reld­wyd by­na 250 mil­joen ge­brui­kers per maand, sê Van Di­jk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.