Gas­ont­wik­ke­ling

Beeld - - Nuus - – Bloom­berg/Ma­cau­hub

Ma­pu­to. – Die A­me­ri­kaan­se o­lie­groep A­na­dar­ko Pe­tro­le­um het al 90% van die kon­trak­te ge­sluit om sy aard­gas­pro­jek in Mo­sam­biek te kan fi­nan­sier, het die di­rek­teur van sy fi­li­aal A­na­dar­ko Mo­sam­biek ge­sê.

John Pef­fer van A­na­dar­ko het ge­sê die groep wag nou op toe­stem­ming van die Mo­sam­biek­se re­ge­ring om die aard­gas uit te voer.

A­na­dar­ko het ’n paar jaar ge­le­de reu­se­aard­gas­re­ser­wes in die Ro­vu­ma­kom aan die Mo­sam­biek­se noord­kus ont­dek en het vol­gens Pef­fer reeds kon­trak­te vir die le­we­ring van 8 mil­joen ton vloei­ba­re aard­gas per jaar met ko­pers in A­sië ge­sluit.

Dit ver­teen­woor­dig so­wat 90% van die kon­trak­te wat no­dig is om met sy pro­jek te kan voort­gaan. Dit kan ’n be­leg­ging van $20 mil­jard (so­wat R264 mil­jard) verg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.