Dan­go­te brei uit

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

La­gos. – Dan­go­te Ce­ment het kon­trak­te van $4,34 mil­jard (so­wat R57 mil­jard) met die C­hi­ne­se groep Si­no­ma In­ter­na­ti­o­nal En­gi­neer­ing ge­sluit om se­ment­fa­brie­ke oor A­fri­ka heen te bou.

Dan­go­te Ce­ment be­hoort aan A­li­ko Dan­go­te, be­kend as die ryk­ste man in A­fri­ka. Aan­leg­te word be­oog in Ka­me­roen, E­thi­o­pië, Ke­nia, Ma­li, Ni­ger, Ni­ge­rië, Se­ne­gal en Zam­bië. Saam met nog een in Ne­pal sal dit 25 mil­joen ton se­ment per jaar by sy be­staan­de pro­duk­sie van so­wat 45 mil­joen ton voeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.