Mon­san­to laat vaar aan­bod vir Syn­gen­ta

Beeld - - Landbousake -

Mon­san­to, die wê­reld se groot­ste ver­ko­per van ge­ne­ties ge­ma­ni­pu­leer­de (GM) saad, het sy oor­na­me­aan­bod vir Syn­gen­ta laat vaar.

Dit was na­dat ’n ver­be­ter­de aan­bod van $47 mil­jard deur Mon­san­to ook nie vir Syn­gen­ta, die wê­reld se groot­ste ver­ko­per van on­kruid­do­der, aan­vaar­baar was nie.

Syn­gen­ta het aan­ge­voer dat Mon­san­to nie sy waar­de ten vol­le in die aan­bod weer­spie­ël het nie en ook nie die vol­le om­vang van die strui­kel­blok­ke be­sef het wat die sa­me­smel­ting sou ver­oor­saak nie.

Dit is die der­de keer se­dert 2011 dat Mon­san­to se uit­voe­ren­de hoof, Hugh Grant, on­suk­ses­vol was om Syn­gen­ta oor te neem.

Se­dert die mis­luk­te sa­me­smel­ting het Syn­gen­ta se aan­deel­prys 18% van sy waar­de ver­loor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.