Piet Crou­camp ver­al­ge­meen erg

Sê jou sê: Stuur na brie­we@beeld.com

Beeld - - Tot u Diens -

I­zak S­mal­man van Potchefstroom skryf:

In Piet Crou­camp se ru­briek in Beeld van 27 Au­gus­tus skil­der hy ’n don­ker prent­jie van mis­daad wat deur die po­li­sie ge­pleeg word en sê dat die pu­bliek ver­troue in die po­li­sie ver­loor het en die po­li­sie eint­lik vrees.

Van sy pun­te is gel­dig, maar hy maak te veel grow­we ver­al­ge­me­nings.

Crou­camp be­gin sy be­spre­king deur dui­de­lik te ken­ne te gee dat hy nie die agt po­li­sie­be­amp­tes wat hy by ’n eet­plek ga­de­slaan as sy me­de­mens(e) be­skou nie. Hy het ’n pro­bleem daar­mee dat die vrou­e­lid in die ge­sel­skap vol­gens hom te veel na Barbie lyk. Dit is na­tuur­lik Crou­camp se reg om die blon­de po­li­sie­be­amp­te as Barbie te be­skou, net soos dit die mans­lid se reg is om Crou­camp met ag­ter­dog aan te gluur, mis­kien om­dat hy wat Piet is ’n kop­doek dra?

Dis dui­de­lik dat Crou­camp die koe­rant baie se­lek­tief lees. In die­self­de uit­ga­we van Beeld word op die voor­blad mel­ding ge­maak van die gesteelde Toyo­ta wat ná 22 jaar dank­sy goeie speur­werk te­rug­ge­vind is. Piet lees ook nie van die le­wens­lan­ge vonnisse wat daag­liks aan mis­da­di­gers in hier­die land op­ge­lê word nie. Die feit dat die tron­ke in ons land oor­vol is, dui daar­op dat daar tog le­de is wat hul werk be­hoor­lik doen.

Ge­weld­da­di­ge sta­kings kom daag­liks voor en wie hou die sta­kers in toom?

Die ker­sie op die koek is dat Crou­camp sê die dood van ’n po­li­sie­be­amp­te en die dood van ’n ro­wer is eint­lik maar die­self­de ver­skyn­sel. Met hier­die woor­de plaas Crou­camp hom in die ge­sel­skap van Jim­my Kru­ger, des­tyd­se mi­nis­ter van po­li­sie wat ge­sê het S­te­ve Bi­ko se dood laat hom koud. Nog­al ’n goeie ge­tuig­skrif vir ie­mand soos Crou­camp, wat tog so graag daar­mee te koop loop dat hy ’n kamp­veg­ter vir men­se­reg­te is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.