Po­ë­sie waar drif en on­heil don­der

Beeld - - Bouke - – Can­dess Kos­to­pou­los is ’n do­sent in op­voed­kun­di­ge fi­lo­so­fie aan die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand.

De­li­ri­um

Er­na Jo K­rit­zin­ger

COR­DIS TRUST, R140

Er­na Jo K­rit­zin­ger se De­li­ri­um her­in­ner aan E­mi­ly Dickin­son se be­skry­wing van wa­re dig­kuns: “If I feel phy­si­cal­ly as if the top of my he­ad we­re ta­ken off, I know that is poe­try.”

De­li­ri­um is ’n in­tens es­te­ties-be­vre­di­gen­de bun­del waar­in ’n don­ker, de­ka­den­te sa­do­ma­so­chis­me sig­self kon­sen­treer én ont­knoop. Die pro­gram­ge­dig (“De­li­ri­um”) kon­dig reeds die oop­klo­wing van die ge­meen­skap tus­sen skoon­heid en goed­heid aan wat die bit­ter­soet hart van die de­ka­den­te aan­dui: Kleur my ha­re wit: ek wil my wys­heid in­ver­beel, nié sien hoe dik en sly­me­rig die wê­reld sluk aan sy be­ly­de­nis­se nie. Maak die vel­de van my kin­der­ja­re oop, toe al­les wat mooi was, goed was.

Die bo­ver­mel­de be­geer­te om die ver­splin­te­ring van waar­des te ont­ken word eg­ter van meet af aan deur die dig­ter aan­ge­bied as iets wat sélf ge­weld­da­dig is.

Die dig­ter te­ken hier­mee nie net aan dat daar ’n soort waan­sin kleef aan self­be­drog en ont­ken­ning nie, sy wei­er voorts die le­ser die ver­vul­ling van hier­die be­geer­te.

In ste­de daar­van om die werk­lik­heid te ont­ken, en uit die nos­tal­gie­se ge­sug na die “oop vel­de” van ’n on­skul­di­ge jeug munt te slaan, laat die dig­ter eg­ter juis ’n wil­de ge­weld in die A­fri­kaan­se po­ë­sie los: Maar jy, my mer­rie, jou wil ek spie­re gee wat t­ril, en bloed. Skud jou trot­se kop, pluim jou maan­haar oor dié bleek­wit blad, laat drif en on­heil on­der

jou hoe­we vonk en don­der, jou fyn en­kels dans op die dis­so­nan­te s­trand waar ste­rie­le ore, do­we oor­skot­skul­pe lê en luis­ter (Uit: “Wet”)

Drif en on­heil vonk en don­der in­der­daad op ’n ge­slaag­de wy­se deur die ge­dig­te. Daar is on­der meer so­wel K­ht­ho­nie­se ge­dig­te as ge­dig­te van ek­sta­tie­se ver­nie­ti­ging en die dood.

Die toon­aan­ge­wen­de ge­dig­te is eg­ter die skrik­wek­kend­ste, die ge­weld­da­di­ges – daar­die ge­dig­te wat ge­weld so­wel uit­beeld as aan­doen.

Hier­die ge­dig­te ver­lei die le­ser as’t wa­re deur die be­hen­di­ge ve­res­te­ti­se­ring van don­ker te­mas.

Die dig­ter se tref­fen­de ge­bruik van rit­me en klank dien as ’n soort in­kan­ta­sie wat die le­ser – dik­wels on­ver­hoeds – in die ver­skrik­king lei.

Op dié wy­se wen­tel die bun­del op dui­se­ling­wek­ken­de wy­se om die spil­punt van ’n in­ten­se li­te­rê­re sa­do­ma­so­chis­me, met ver­al “Cla­rens” as toon­beeld­ge­dig in hier­die ver­band: Saans weer ber­ke­bo­me die nag met bleek, slank stam­me af, staan be­dags met oë oop, kyk ver­by die son se yl­geel loop en sien hoe word die ho­ri­son ’n groot blou pot vol hel­der berg en pers­rooi ska­du­wee. ’n Koue wind vroe­tel ’n pla­taan se goue bla­re los en wik­kel om ’n huis se hoek waar ver­le­de jaar se rank­roos soos ’n blin­de klou­ter­dief ver­by ’n ven­ster­raam op suk­kel. Die dorp is ’n lied, ’n ge­dig, in al vier sei­soe­ne ’n le­wen­di­ge pa­ra­dys: Oom Daan is hier ge­mar­tel en ver­moor. In De­li­ri­um vind ’n mens die ti­pe po­ë­sie wat ons in ’n land van wreed­heid en ver­woes­ting, maar ook van sin­tuig­li­ke ple­sier en uit­bun­di­ge le­we, no­dig het.

Ek be­veel K­rit­zin­ger se werk son­der voor­be­houd aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.