Gar­sies is nog voor ná 3 stry­de

Beeld - - Sport - Han­nes Nie­na­ber

Die Ho­ër­skool Gars­fon­tein se krie­ket­span is ná drie krag­me­tings in Noor­de­li­kes se sko­le­li­ga nog on­oor­won­ne.

Gar­sies het Cen­tu­ri­on in sy eer­ste wed­stryd in Noor­de­li­kes se li­ga met vyf lo­pies ge­klop. Die wen­span het eer­ste ge­kolf en 221/6 in sy toe­ge­la­te 50 boul­beur­te aan­ge­te­ken. Ru­an K­riek (102) was met sy hon­derd­tal aan die spits van die aan­slag en het goeie on­der­steu­ning van Le­han de Kramer (65) ont­vang.

Cen­tu­ri­on is toe vir 215 uit­ge­boul. Die veel­sy­di­ge Bey­ers S­wa­ne­poel het twee kol­wers vir 21 lo­pies in se­we boul­beur­te uit­ge­haal. Ockie Raal (3/36) en Si­me­on S­chee­pers (3/32) het die mees­te van die ska­de aan­ge­rig.

Ver­le­de week het Men­lo­park met drie paal­tjies in die stof ge­byt. Die krag­me­ting is Woens­dag en Don­der­dag be­slis.

Men­lo­park is vir 169 uit­ge­boul ná Gar­sies die loot ge­wen het en ge­kies het om eer­ste veld­werk te doen. Ru­an Ha­ven­ga het met die bes­te boul­sy­fers ge­spog ná hy vier kol­wers vir net 30 lo­pies in sy tien boul­beur­te te­rug kleed­ka­mer toe ge­stuur het.

JP Weg­ner, bin­ne­sen­ter van Beeld Noord­vaal Tro­fee se kam­pi­oen vir Ma­kro­sko­le, het ge­wys dat hy ook met die rooi­bal in die hand sy kant kan bring.

Hy het een kol­wer vir s­legs 17 lo­pies in sy tien boul­beur­te uit­ge­haal.

Bey­ers S­wa­ne­poel het ook e­ko­no­mies ge­boul deur ’n ska­me­le 18 lo­pies in sy tien boul­beur­te af te staan.

Dyl­lan Ham­bly (76) het met sy vyf­tig­tal ge­help dat Gar­sies die wen­lo­pies in die 42ste boul­beurt kry.

Die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool van P­re­to­ria het Sa­ter­dag teen Gar­sies die on­der­spit ge­delf. Af­fies is vir ’n ska­me­le 146 lo­pies uit­ge­knik­ker. S­wa­ne­poel het weer met die bal in die hand uit­ge­blink. Hy het vyf boul­beur­te af­ge­stuur en drie kol­wers vir net 16 lo­pies kleed­ka­mer toe ge­stuur. Mar­co van Bil­jon (2/16) en Weg­ner (2/40) het ook goed ge­boul.

K­riek het met ’n on­oor­won­ne 66 lo­pies Gar­sies ver­by die wen­tei­ken in die 36ste boul­beurt met nog drie paal­tjies staan­de ge­kry.

Gars­fon­tein se vol­gen­de uit­da­ging is Sa­ter­dag teen P­re­to­ria Boys’ High.

) Wa­ter­kloof se na­si­o­na­le o.19-kap­tein, Wil­lie Lu­dick (120*), het met sy on­oor­won­ne hon­derd­tal ’n be­dui­den­de rol in sy span se bo­nus­punt-se­ge van ses paal­tjies oor Mon­ta­na ge­speel.

Die naat­bou­ler Ju­an­dré van Wyn­gaardt het vyf paal­tjies in­ge­oes. Hy het ook s­legs 23 lo­pies in sy ses boul­beur­te af­ge­staan. Mon­ta­na het 211/9 in hul toe­ge­la­te boul­beur­te aan­ge­te­ken.

Klo­fies het Cen­tu­ri­on met 72 lo­pies ge­klop. Jan­dré P­re­to­ri­us (90*) het die ver­naam­ste by­dra met die kolf tot die se­ge ge­le­wer. Sy beurt het se­we vie­re en drie ses­se in­ge­sluit. Alex Kok (69) het ook met sy vyf­tig­tal ’n waar­de­vol­le by­dra ge­le­wer.

Die twee het ’n ven­noot­skap van 102 lo­pies van 151 af­le­we­rings om die vier­de paal­tjie ge­deel.

Fo­to: S­HAUN ROY | GALLO I­MA­GES

Wa­ter­kloof se Wil­lie Lu­dick het met ’n on­oor­won­ne 120 lo­pies ’n sleu­tel­rol in sy span se bo­nus­punt­se­ge van ses paal­tjies oor Mon­ta­na ge­speel. Hier is hy in ak­sie ty­dens die na­si­o­na­le Cubs­week vir die Ti­tans se o.19­span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.