Oe­fen­kamp gee dui­de­lik­heid oor WB­groep

Beeld - - Sport - Han­nes Nie­na­ber

Die brein­trust van die Suid-A­fri­kaan­se o.19-krie­ket­span sal ná ’n oe­fen­kamp in Ok­to­ber ’n be­ter i­dee hê oor hoe die span vir die vol­gen­de Wê­reld­be­ker-toer­nooi sal lyk.

Die na­si­o­na­le af­rig­ter, La­wren­ce Ma­hat­la­ne, sal die groep van 29 spe­lers van 15 tot 18 Ok­to­ber by die Ho­ë­pres­ta­sie­sen­trum (hpc) van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria slyp.

Die span het in sy laas­te twee reek­se teen Bangla­desj be­hoor- lik bloed­neus ge­kry.

Die vol­gen­de Wê­reld­be­ker­toer­nooi vind reeds vol­gen­de jaar in Bangla­desj plaas. Suid-A­fri­ka is die kam­pi­oen. “Hier­die is een van die laas­te ge­leent­he­de waar ons met so ’n groot groep spe­lers sal werk. Ons werk al die af­ge­lo­pe jaar met ’n groep spe­lers wat moont­lik vir ons in Bangla­desj in ak­sie kan wees,” het Ma­hat­la­ne ge­sê.

Die jaar­lik­se Co­ca-Co­la K­ha­ya Ma­jo­la-week in De­sem­ber in Port E­li­za­beth, sal saam met die Cubs-week wat in Ja­nu­a­rie in S­tel­len­bosch aan­ge­bied soos ge­woon­lik as proe­we vir die na­si­o­na­le span dien.

Ma­hat­la­ne is nie be­kom­merd oor die span se ver­to­nings teen Bangla­desj nie.

“Ek glo die mees­te van die spe­lers in die groep het ge­noeg­sa­me bloot­stel­ling op in­ter­na­si­o­na­le vlak ty­dens die twee reek­se ge­kry.

“Hul­le sal dus weet wat om te ver­wag as hul­le in die Wê­reld­be­ker-toer­nooi in ak­sie is,” het Ma­hat­la­ne ge­sê.

King Ed­ward VII se To­ny de Zor­zi het die span in die reeks in Suid-A­fri­ka aan­ge­voer. SuidA­fri­ka het met 2-5 in die stof ge­byt. Wa­ter­kloof se Wil­lie Lu­dick het die span ook in die laas­te een­dag­wed­stryd aan­ge­voer.

Die oe­fen­groep is:

Li­am S­mith, Ri­val­do Moon­sa­my, Gavin Ka­p­lan, Matthew B­reet­z­ke, De­an Fox­croft, Mur­ray Com­mins, To­ny de Zor­zi, Aa­qil Ebrahim, Le­se­go Se­nokwa­ne, Ka­be­lo Sek­hu­khu­ne, Far­haan Sa­y­an­va­la, Wan­di­le Mak­we­tu, Wi­aan Mul­der, Da­y­aan Ga­liem, Wil­lie Lu­dick, Mar­no van G­reu­nen, Ky­le Ver­reyn­ne, Ri­car­do Vas­con­ce­los, Se­an W­hi­te­he­ad, N­du­du­zo M­fo­za, Lu­ke P­hi­lan­der, Ju­naid Da­wood, Co­nor M­cKerr, Brandon Glover, Lutho Si­pam­la, Ziy­aad A­bra­hams, Ok­hu­le Ce­le, C­had Claas­en, Jonathan Draai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.