Land­loop: Af­fies­mei­sies wen

Beeld - - Sport - Han­nes Nie­na­ber

Die A­fri­kaan­se Ho­ër Mei­sie­skool van P­re­to­ria was die voor­ste span op Gau­teng-Noord se land­loop­kam­pi­oen­skap.

Af­fies het laas in 2009 daar­in ge­slaag om die kam­pi­oen­skap as die voor­ste span af te sluit. In die seuns­af­de­ling het Zwart­kop met die lou­e­re weg­ge­stap.

Af­fies het Pres­ti­ge Col­le­ge en El­do­rai­gne uit­ge­stof wat on­der­skei­de­lik met die twee­de en der­de plek te­vre­de moes wees.

Pres­ti­ge Col­le­ge het ook in die seuns­af­de­ling goed ge­vaar en twee­de ge­ëin­dig.

El­do­rai­gne moes hier ook met die der­de po­si­sie te­vre­de wees.

Pres­ti­ge Col­le­ge se Ts­heg­o­f­at­soe Sethlak­goe was in die o.17af­de­ling die voor­ste at­leet. El­dos se Zel­ma Bo­tha het twee­de ná die vier by­een­koms­te ge­ëin­dig. Mo­ni­que Geel van Af­fies was der­de.

In die o.14-af­de­ling het Je­ané de Beer van Af­fies hak­ske­ne vir haar teen­stan­ders ge­wys.

Haar span­maat Li­zeth van Wyk het die der­de plek ver­dien, ter­wyl El­do­rai­gne se Ni­co­le du Toit ná die vier by­een­koms­te die twee­de plek be­klee het.

) Die eer­ste af­de­ling van die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit se Noord­vaal-kam­pi­oen­skap is Sa­ter­dag in Potchefstroom op die Puk­ke se proef­plaas af­ge­han­del.

Vo­ren­toe loop voor in die seuns­af­de­ling met Pres­ti­ge Col­le­ge kort op hul­le hak­ke.

In die o.19-af­de­ling het Ik­ageng Go­a­re­kwe van Vo­ren­toe die 6 km-wed­loop in 11:51.39 ge­wen.

Ry­an Mp­hahle­le (Bi­rch­leigh) en War­no Pot­gie­ter (Kemp­ton Park) is kort op sy hak­ke oor die eind­streep.

Af­fies het in die mei­sies-af­de­ling der­de ag­ter Vo­ren­toe en Kemp­ton Park ge­ëin­dig. Ca­ri­na Vil­joen van die Ho­ër­skool Rand­burg is in ’n tyd van 10:54.34 in die 4 km-wed­loop vir o.19-mei­sies eer­ste ge­plaas.

Kem­pies se Si­mo­nay Weitsz het in die­self­de tyd klaar­ge­maak, maar is twee­de ge­plaas. Af­fies se ju­ni­or en se­ni­or land­loop­span het ’n goeie sei­soen be­leef. Voor, van links na regs: Me­gan Red­mond, Ja­nie Jan­se van Rens­burg en Le­handri van der West­hui­zen. Twee­de ry: Danielle Ester­huy­sen, Al­ma­rie My­burgh, Ing­rid Grimbeek, Je­an­ne de Beer, Li­zeth van Wyk, T­hea Kot­zé en Mi­an­co Kotze. Der­de ry: Mie­ke Rall, Mi­han­di Ki­rch­ner, Mi­che­le­ne Kahl, Mo­ni­que Geel en Chris­sa Tromp. Ag­ter: Ané Ge­ber, Me­gan Ro­berts, Ta­na Toerien, Li­la­nie T­ri­bel­horn en Ma­ri­tha van Wyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.