Sag­te­bal: Woe­ries klop El­dos

Beeld - - Sport - Su­zet­te Ma­lan

Die sag­te­bal­sei­soen vir s­ko­le is kort, maar op­win­dend.

E­nig­een van die o.19-span­ne kan nog die li­ga wen.

Sa­ter­dag het die Ho­ër­skool El­do­rai­gne en Ho­ër­skool Cen­tu­ri­on me­kaar die stryd aan­ge­sê op die Woe­ries (die by­naam vir leer­lin­ge van die Ho­ër­skool Cen­tu­ri­on) se veld.

Die wed­stryd het ’n uur en 15 mi­nu­te ge­duur en uit vier beur­te be­staan. El­ke span kry per beurt ’n kolf- en veld­werk­beurt.

Kar­lu Lyons van El­do­rai­gne was ’n uit­ste­ken­de gooi­er. Haar goeie spel en kon­sen­tra­sie het ge­lei tot ses stri­ke outs.

Haar span­maat Melissa Nel wat op kort­stop-po­si­sie veld­werk ver­rig het, was die bes­te veld­wer­ker aan El­dos se kant met haar twee vang­sko­te.

Die Woe­ries se Melissa Jan­se van Rens­burg se uit­ste­ken­de veld­werk het El­dos on­der druk ge­plaas wat mee­ge­bring het dat hul­le uit­ein­de­lik met 10-4 ge­wen het. Die van­ger Kar­la Louw het keer op keer raak­ge­vat op die plaat en so ’n uit­ste­ken­de by­drae ge­le­wer tot haar span se oor­win­ning.

Cen­tu­ri­on word af­ge­rig deur Paul Prins­loo en El­do­rai­gne deur Lo­rin­da van der Mer­we.

Fo­to: MA­RI­US NORTJÉ

Kar­lu Lyons, gooi­er van die Ho­ër­skool El­do­rai­gne se eer­ste sag­te­bal­span, laat waai met ’n blits­vin­ni­ge af­le­we­ring in haar span se se­ge van 10­4 oor Cen­tu­ri­on.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.