Lood gee Hey­ne­ke ’n druk­kie ná ty­ding

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Umhlan­ga. – Lood de Ja­ger was so bly om te hoor sy v­lieg­tuig­kaart­jie na die Wê­reld­be­ker-toer­nooi is be­spreek, dat hy Hey­ne­ke Mey­er som­mer om die hals ge­val het.

Dit was im­mers iets waar­oor hy vir die groot­ste deel van sy le­we ge­droom het – nie net ’n S­pring­bok-trui om sy skou­ers nie, maar ’n Bok-trui by die Wê­reld­be­ker.

“Ek was ’n bie­tjie jonk met die 1995-toer­nooi, maar ek ont­hou 1999 se Wê­reld­be­ker goed. Ek en my pa het daai wed­stryd waar­in Jan­nie de Beer die baie skep­doe­le oor­ge­sit het se­ker se­we keer ge­kyk,” het die 22-ja­ri­ge De Ja­ger Vry­dag ver­tel.

“Ek dink dit was toe ek die eer­ste keer reg­tig be­sef het hoe groot en spe­si­aal is die Wê­reld­be­ker, en toe ek be­gin dink het hoe won­der­lik dit sou wees om een­dag een van die hel­de te wees waar­voor men­se so voor die te­le­vi­sie skree.

“Dit het nog nie in­ge­sink dat ek Wê­reld­be­ker toe gaan nie, dis nog­al oor­wel­di­gend. Ek was so bly ek het die co­ach (Hey­ne­ke Mey­er) som­mer ’n druk­kie ge­gee toe hy vir my die nuus gee. Dis ’n reu­se-ge­leent­heid, nie net vir my nie, maar vir al 31 van ons, om die land trots te maak en ho­pe­lik daar­die tro­fee huis toe te bring.”

De Ja­ger het vier maan­de langs die kant­lyn deur­ge­bring na­dat hy in die C­hee­tahs se eer­ste Su­per­wed­stryd van die sei­soen ’n elm­boog­be­se­ring op­ge­doen het, maar sê hy het nooit in daar­die tyd ge­dink sy Wê­reld­be­ker-droom moet maar op ys ge­sit word nie.

“Nee, ek het nooit ge­twy­fel dat ek be­tyds sou reg wees nie. Ek dink die men­se daar bui­te het ge­twy­fel, maar ek het ge­weet hoe hard ek werk om ge­reed te wees wan­neer die in­ter­na­si­o­na­le sei­soen be­gin,” het hy ge­sê.

“Toe ek teen Aus­tra­lië op die veld is, was dit vier maan­de van­dat ek laas ge­speel het, maar ek het nie om­ge­gee nie.

“Ek het ge­weet ek moet goed speel, want an­ders was dit neu­sie ver­by vir my Wê­reld­be­ker-kan­se.”

De Ja­ger het in­der­daad die kans aan­ge­gryp en uit­ge­blink in die ne­der­lae teen die Wal­la­bies en All Blacks.

Die he­mel­be­sem-slot is fi­lo­so­fies oor daar­die eer­ste twee uit­slae in die Rug­by-kam­pi­oen­skap.

“Ons het in al­bei wed­stry­de vir 60 mi­nu­te baie goeie rug­by ge­speel, en daar ge­leer jy kan nie op­hou speel nie.

“Jy móét jou teen­stan­ders uit­knik­ker voor­dat jy kan ont­span. Ek weet par­ty men­se dink as jy ge­noeg ver­loor kan dit ’n ge­woon­te raak, maar dit kan net ge­beur met ver­loor­ders.

“Ons is nie ver­loor­ders nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.