Haaie krap kop

Beeld - - Sport -

Port E­li­za­beth. – Die Haaie se brein­trust sal hier­die week kop­krap oor hoe hul­le die skrum­ska­kel Co­bus Rei­nach gaan in­span, het dié span se di­rek­teur van rug­by, Ga­ry Gold, ge­sê.

Rei­nach was on­ge­luk­kig om nie die S­pring­bok­ke se Wê­reld­be­ker-groep te haal nie, maar die Haaie sal hom goed kan ge­bruik.

Dit was Sa­ter­dag­aand in die Nel­son Man­de­la­baai-sta­di­on dui­de­lik toe die Haaie net-net daar­in kon slaag om die OPKings met 24-20 in ’n Cur­rie­be­ker-wed­stryd te troef.

Hoe­wel Mi­cha­el Claas­sens goeie spel vir die wen­span op skrum­ska­kel ge­le­wer het, be­skik Rei­nach oor daar­die tik­kie on­voor­spel­ba­re plof­krag wat el­ke span no­dig het.

Die Haaie het dié krag­me­ting groot­liks dank­sy hul uit­ste­ken­de lyn­staan­spel ge­wen. Al drie hul drieë het van lyn­sta­ne ge­kom.

Kort voor die rus­tyd het die heel­ag­ter, Joe Pie­ter­sen, gaan druk ná die Haaie van ’n lyn­staan ge­dryf het, nie kon deur­kom nie, en toe die bal wyd ge­speel het.

In die twee­de helf­te het al­bei flan­ke, Fran­cois K­lein­hans en Da­niel van Zyl, ge­druk ná dryf­spel van lyn­sta­ne.

“Ons kry baie kri­tiek oor ons vas­te skrums, maar min men­se

Mi­cha­el G­reen

gee ons pun­te vir ons uit­ste­ken­de lyn­sta­ne,” het Gold ge­sê.

Ook B­rent Jan­se van Rens­burg, die tuis­span se brei­er, het ge­sê die be­soe­kers se lyn­sta­ne het sy span laat stei­er.

“Hul lyn­sta­ne is van die bes­te in die Cur­rie­be­ker-reeks met Mar­co Went­zel wat ’n ge­sou­te lei­er is,” het Jan­se van Rens­burg ge­sê.

Die­self­de kan nie van die Haaie se vas­te skrums ge­sê word nie. In dié fa­set was die Kings baas.

Die Haaie het reeds in die eer­ste helf­te be­gin om kamp op te slaan in die Kings se ge­bied, maar was met die rus­tyd met 7-13 ag­ter.

“In die twee­de helf­te het ons hopeloos te min be­sit ge­had. In die ge­heel het ons hul­le ook nie hard ge­noeg op die ver­de­di­ging laat werk wan­neer ons wel die bal ge­had het nie,” het Jan­se van Rens­burg ge­sê.

Daar word ook steeds te veel bal­le weg­ge­skop. Die Kings se skop­pers het ook fou­teer deur nie uit te skop wan­neer hul­le wel moes nie.

) Pun­te­ma­kers: Haaie 24 (7): Drieë: Joe Pie­ter­sen, Fran­cois K­lein­hans, Da­niel du P­reez.

Doel­skop­pe: Joe Pie­ter­sen (3). Straf­doel: Pie

ter­sen.

OP­Kings 20 (13): Drieë: T­hem­be­la­ni B­ho­li, Straf­drie. Doel­skop­pe: S­cott van B­re­da (2). Straf­doe­le: Van B­re­da (2). ) Die Kings se o.21’s het hul eer­ste se­ge van die sei­soen be­haal deur die Haaie met 25-15 te klop en die o.19’s is steeds on­oor­won­ne ná hul se­ge van 26-7.

Fo­to: DEON FERREIRA

Die Haaie se plaas­ver­van­ger­flank, Da­niel du P­reez, beur sy pad oop in die Cur­rie­be­ker­wed­stryd teen OP­Kings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.