Pou­blou­es moet werk aan in­sin­kings

Beeld - - Sport - Ger­die Kar­stens

Bloem­fon­tein. – ’n Mens kan by­na nie glo dat ’n rug­by­span wat met een van die sterk­ste Cur­rie­be­kerskrums spog, nie daar­in kan slaag om siel­kun­di­ge in­sin­kings te bo­we te kom nie.

Dit was Sa­ter­dag in Kim­ber­ley in hul ne­der­laag van 32-46 teen die Blou Bul­le weer dui­de­lik dat G­rie­kwas nog nie laas­ge­noem­de af­de­ling van hul spel baas­ge­raak het nie.

Waar het jy al ge­sien jy skrum ’n Bul­le-span te­rug en slaan die ki­taar vir 20 mi­nu­te op die aan­val, maar jy skrik jou boeg­lam as daar­die ein­ste span te­rug­slaan?

Dis pre­sies wat met G­rie­kwas ge­beur het.

Vir die eer­ste kwart van die wed­stryd was die Bul­le by­na af­we­sig.

Toe die Bul­le-flank Lap­pies La­bu­schag­né boon­op in die vier­de mi­nuut koel­kas toe is om­dat hy ’n aan­val deur G­rie­kwas voor die doel­lyn op on­wet­ti­ge wy­se ge­stuit het – en die vleu­el N­ta­be­ni Du­ki­sa kort daar­na gaan druk – het G­rie­kwas se on­der­steu­ners be­gin droom.

Toe die Bul­le-los­ska­kel, Ti­an S­choe­man, eg­ter met ’ n ag­ter­stand van 11 pun­te ’n straf­doel deur die pa­le jaag, het die Bul­le wak­ker ge­skrik. Met die druk k­waai het die tuis­span boon­op ’n brein­flou­te be­leef wat voor rus­tyd tot vier drieë vir die be­soe­kers ge­lei het.

Dit het die tel­ling bin­ne t­waalf mi­nu­te van 11-0 vir G­rie­kwas tot 31-11 vir die Bul­le ver­an­der.

“Ons slaag nie daar­in om ons reg te ruk na­dat pun­te teen ons aan­ge­te­ken word nie. Dis al van die be­gin van die reeks af ’n groot pro­bleem,” het die G­rie­kwas-brei­er, Ha­wies Fou­rie, ge­sê.

Teen die hui­di­ge tem­po gaan daar nog lank ge­skryf word oor die Pou­blou­es se skrum­ver­nuf, maar dit gaan ook die e­nig­ste ge­spreks­punt bly as hul­le nie ’n kop­skuif maak nie.

“Ons kan nie ag­ter­oor gaan sit el­ke slag as daar pun­te teen ons aan­ge­te­ken word nie. Dit moet reg­ge­stel word. . . en vin­nig ook.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.