Nóg ma­ra­thon­tra­ne vir SA

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

Die Suid-A­fri­kaan­se O­lim­pie­se ma­ra­thon­at­leet Ta­nith Maxwell is een van 15 at­le­te wat nie Son­dag­og­gend die ma­ra­thon vir vroue op die Wê­reld­kam­pi­oen­skap in Bei­jing kon vol­tooi nie.

Die wed­loop is op dra­ma­tie­se wy­se deur die E­thi­o­pi­ër Ma­re Di­da­ba ge­wen in 2:27:35. Sy het Ke­nia se He­lah Ki­prop met ’n se­kon­de ge­klop, ter­wyl nóg twee at­le­te, Bahrein se Jek­ki­rui Kir­wa (2:27:39) en die Ke­ni­aan Je­mi­na Jel­agat Sumg­ong (2:27:42), kort op haar hak­ke was.

Die eer­ste se­we at­le­te het tye van vin­ni­ger as 2:30 ge­hard­loop.

Maxwell is in 58:16 ver­by die 15 km-kerf. Sy was toe in die 61ste plek en by­na vyf mi­nu­te ag­ter die voor­lo­pers.

Maxwell het haar kort hier­na aan die wed­loop ont­trek.

Dit be­te­ken van die vier SuidA­fri­kaan­se ma­ra­thonat­le­te wat in Bei­jing ge­hard­loop het, het net Des­mond Mok­go­bu (2:34:11) klaar­ge­maak.

) Die laas­te dag van die kam- pi­oen­skap het ook an­der spog­pres­ta­sies op­ge­le­wer.

In die 5000 m vir vroue het die E­thi­o­pi­ër Al­maz Ay­a­na haar land­ge­noot Gen­ze­be Di­da­ba se droom van ’n twee­de goue me­dal­je met ’n on­ge­loof­li­ke eind­po­ging en ’n kom­pe­ti­sie-re­kord van 14:26.83 ver­y­del.

Di­da­ba (14:44.07), wat die goue me­dal­je in die 1 500 m vir vroue ge­wen het, moes met die brons­me­dal­je te­vre­de wees na­dat nóg ’n E­thi­o­pi­ër, Sen­be­re Te­fe­ri (14:44.07) uit­ein­de­lik ook te vin­nig vir haar was.

Die Ka­na­dees De­rek Drou­in het ’n uit­spring­stryd teen die C­hi­nees Gu­o­wei Zhang en die Oe­kra­ï­ne se Bohdan Bon­da­ren­ko, die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, ge­wen om die goue me­dal­je in die hoog­spring vir mans te ver­o­wer. Al drie at­le­te het op ’n hoog­te van 2.36 m mis­luk, maar Drou­in het in die uit­spring­stryd op 2.34 die dwars­lat oor­ge­steek om te wen.

As­bel Ki­prop van Ke­nia het die 1 500 vir mans ge­wen in 3:34.40, ter­wyl Ja­mai­ka en die VSA on­der­skei­de­lik in die 4x400-af­los vir vroue en mans met die lou­e­re weg­ge­stap het.

Fo­to: DA­VID GRAY | REU­TERS

Vreug­de. Ma­re Di­ba­ba van E­thi­o­pië word om­hels na­dat sy Son­dag die ma­ra­thon vir vroue op die laas­te dag van die Wê­reld­be­ker­by­een­koms in Bei­jing ge­wen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.