Noord­wes span kroon in net­bal

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Hul har­te was ge­breek in die Var­si­ty-eind­stryd van 2013 en in die ti­tel­stryd van ver­le­de jaar se na­si­o­na­le kam­pi­oen­skap­pe – maar nou is dit net deel van Noord­wes-net­bal se ge­skie­de­nis.

Noord­wes kan im­mers al vier tro­feë wat op ver­le­de week se na­si­o­na­le net­bal­kam­pi­oen­skap­pe in U­von­go op die spel was, in sy kas uit­stal – en dit kan dalk al hoe moei­li­ker word om dit gou weer in ’n an­der pro­vin­sie te kry.

Die ker­sie op die koek van ’n won­der­week vir die Noord­wes­ters was hul se­ge Sa­ter­dag in die eind­stryd van die A-af­de­ling, waar­in hul­le die kans vir wraak teen Gau­teng ge­had het.

Die Gau­ten­gers het ver­le­de jaar in die ge­waad van Noor­dGau­teng met Noord­wes-Suid af­ge­re­ken vir na­si­o­na­le glo­rie – maar dié keer is die bord­jies ver­hang.

Hul­le kon geen im­pak op die aan­val maak nie teen ’n uit­ste­ken­de Noord­wes-ver­de­di­gings­li­nie en het boon­op nie raad ge­had met die Pot­chef­stroom­se doel­skie­ters nie.

Noord­wes was met 28-14 baas, na­dat hul­le die Gau­ten­gers in die eer­ste en laas­te kwar­te net vier doe­le ge­gun het, en in die an­der twee kwar­te drie elk.

“Dank­sy Gau­teng was dit ’n won­der­li­ke wed­stryd, maar my spe­lers was een­vou­dig uit­ste­kend,” het Do­ret­te Ba­den­horst, Noord­wes se af­rig­ter, ge­sê. “Ons het vir el­ke kwart tei­kens ge­stel, en el­ke keer daar­by uit­ge­kom.”

As af­rig­ter, het Ba­den­horst ge­sê, is hier­die een van haar heel groot­ste pres­ta­sies.

“Ons het reg­tig hard en lank hier­voor ge­werk. As ’n af­rig­ter raak jy am­per des­pe­raat vir goud en hier­die ti­tel het op pre­sies die reg­te tyd ge­kom.”

Ba­den­horst se span was son­der groot ster­re, met net Elsu­net du P­les­sis (pas te­rug van Wê­reld­be­ker-diens vir die Pro­te­as) wat in­ter­na­si­o­na­le on­der­vin­ding het. Maar op die oe­wers van die Mooi­ri­vier het die brei­er die laas­te twee of drie jaar ge­wys dat ’n span wel son­der ster­re kan stem dik maak so­lank dit as een­heid funk­si­o­neer. Sa­me­wer­king en kom­mu­ni­ka­sie was uit­ein­de­lik die Noord­wes-span se groot­ste wa­pens.

Wes-Kaap se eer­ste span het die der­de plek ver­o­wer met ’n na­el­skraap­se se­ge van 31-30 oor Vry­staat.

In die B-af­de­ling het Noord­wes B met 30-27 oor Roy­al Ba­fo­keng ge­se­ë­vier, in die o.21’s se A-af­de­ling was die Mie­lie­boe­re met 2824 baas teen Gau­teng en in die o.21 B-af­de­ling is Roy­al Ba­fo­keng met 44-18 deur Noord­wes ge­klop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.