‘Taai­ste WB ooit,’ sê S­te­ve

Beeld - - Sport -

Wel­ling­ton. – Die All Black­keur­ders het Son­dag on­ver­wags die vleu­el Wai­sa­ke Na­ho­lo by die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen se Wê­reld­be­ker-groep in­ge­sluit.

Na­ho­lo is aan­vank­lik nie oor­weeg nie, aan­ge­sien hy ver­le­de maand in sy de­buut­toets teen Ar­gen­ti­nië sy been ge­breek het.

Die vleu­el het al­ter­na­tie­we be­han­de­ling in Fidji on­der­gaan in ’n po­ging om be­tyds te her­stel vir rug­by se groot­ste skou­spel, wat op 18 Sep­tem­ber be­gin. Hy het ge­sê hy be­hoort ge­reed te wees vir die Ki­wi’s se der­de groep­wed­stryd teen Ge­or­gië op 2 Ok­to­ber.

Die 24-ja­ri­ge sluit aan by die veel­sy­di­ge Ne­he Mil­ner-S­kud­der, wat na ’n man­ji­fie­ke Su­per­rug­by­sei­soen en in­druk­wek­ken­de toets­ver­to­nings sy plek in die All Black-groep be­spreek het.

Ri­chie M­cCaw sal, soos te wag­te, die span aan­voer in sy vier­de Wê­reld­be­ker-veld­tog en hy sal al­les in die stryd werp om die eer­ste spe­ler te word wat die Webb El­lis­tro­fee ’n twee­de keer lig.

Mil­ner-S­kud­der en Na­ho­lo is die e­nig­ste ver­ras­sings in ’n an­der­sins heel voor­spel­ba­re groep. Die brei­er, S­te­ve Han­sen, het 17 voor­spe­lers en 14 ag­ter­spe­lers aan­ge­wys, maar kan ver­skeie spe­lers in meer as een po­si­sie in­span.

Beau­den Bar­rett sal los­ska­kel en heel­ag­ter speel, ter­wyl Co­lin Sla­de dank­sy sy veel­sy­dig­heid die groep ge­haal het ten kos­te van die spe­si­a­lis-los­ska­kel Li­ma So­po­a­ga.

“Ons gaan die Wê­reld­be­ker-ti­tel ver­de­dig. Die tro­fee is nie ons s’n nie – ons moet dit teruggee en dan van voor af be­gin om dit weer ons s’n te maak. Ek ver­wag die taai­ste Wê­reld­be­ker-toer­nooi ooit,” het Han­sen ge­sê.

“Ons het ’n groep ge­kies wat be­skik oor on­der­vin­ding en gees­te­li- ke krag; daar is staat­ma­kers en spel­skep­pers. Ek het ab­so­lu­te ver­troue in die groep en ek hoop 4,5 mil­joen Nieu-See­land­se on­der­steu­ners voel ook so.”

Die groot de­bat rond­om die groep het ge­gaan oor wie op vleu­el en heel­ag­ter gaan diens doen.

Ben S­mith en Ju­li­an Sa­vea is as be­slis­te keu­ses ge­sien, ter­wyl Mil­ner-S­kud­der, C­har­les Pi­tau en 2011 se WB-wen­ners Is­rael Dagg en Co­ry Jane as kan­di­da­te vir die oor­bly­wen­de twee plek­ke be­skou is. Maar dit was voor Na­ho­lo se on­ver­wag­te her­stel.

Jane en Dagg is die sei­soen deur be­se­rings ge­ry en het be­perk­te kans ge­had om hul­self te be­wys, en boon­op het Dagg die peil ver­loor wat hom tus­sen 2010 en ver­le­de jaar ’n ou­to­ma­tie­se keu­se sou ge­maak het.

Han­sen het ses los­voor­spe­lers by sy groep in­ge­sluit, met Li­am Mes­sam en Vic­tor Vi­to wat al­bei saam En­ge­land toe gaan na­dat daar aan­vank­lik ver­moed is die twee stoei om één po­si­sie.

Han­sen het net drie spe­si­a­lis­slot­te – Sam W­hi­te­lock, Bro­die Re­tal­lick en Lu­ke Ro­ma­no – ge­kies wat saam met die ses­stuks die aan­slag voor­langs moet loods.

) Die All Black­groep is:

Ag­ter­spe­lers: Ben S­mith, Wai­sa­ke Na­ho­lo, Ne­he Mil­ner­S­kud­der, Ju­li­an Sa­vea, Ma­la­kai Fe­ki­toa, Conrad S­mith, Son­ny Bill Wil­li­ams, Ma’a No­nu, Co­lin Sla­de, Dan Car­ter, Beau­den Bar­rett, Aa­ron S­mith, TJ Pe­re­na­ra, Ta­wera Kerr­Bar­low. Voor­spe

lers: Kie­ran Re­ad, Vic­tor Vi­to, Li­am Mes­sam, Je­ro­me Kai­no, Sam Ca­ne, Ri­chie M­cCaw (k), Lu­ke Ro­ma­no, Sam W­hi­te­lock, Bro­die Re­tal­lick, Da­ne Co­les, Ke­ven Me­a­la­mu, Co­die Tay­lor, Wy­att Croc­kett, To­ny Wood­cock, C­har­lie Faumuina, Ben Franks, O­wen Franks. – Reu­ters

Fo­to: ROB JEF­FE­RIES | GETTY I­MA­GES

Wai­sa­ke Na­ho­lo van die High­lan­ders is vir Nieu­See­land se Wê­reld­be­ker­groep ge­kies, hoe­wel hy nog her­stel na­dat hy sy been in sy de­buut­toets ver­le­de maand teen Ar­gen­ti­nië ge­breek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.