Koe­baai, beurt­krag! (vir nou)

Suk­ses by Me­du­pi gee Eskom ver­troue

Beeld - - Front Page -

Jan de Lan­ge

Die nu­we een­heid van Me­du­pi wat Son­dag amp­te­lik in ge­bruik ge­neem is, kan beurt­krag die res van die jaar uit­ska­kel, sê Eskom se top­be­stuur.

Die een­heid “is uit­son­der­lik sta­biel en be­trou­baar”, het Mats­he­la Ko­ko, Eskom se uit­voe­ren­de hoof van teg­no­lo­gie, aan Beeld ge­sê.

’n Fees­te­li­ke at­mos­feer het Son­dag op die bou­ter­rein van die Me­du­pi-krag­sta­sie ge­heers waar een­heid 6 amp­te­lik in ge­bruik ge­neem is, we­lis­waar vyf jaar laat.

Die pro­jek­span re­ken boon­op dit is moont­lik om die vol­gen­de Me­du­pi-een­heid vroe­ër as die ver­wag­te eer­ste helf­te van 2017 in be­dryf te bring. Eskom is Son­dag ver­wit­tig dat die hi­dro­toet­se op een­heid 5 af­ge­han­del is en ge­slaag het. “Die me­ga­nie­se werk aan een­heid 5 is dus nou vol­tooi,” het Ko­ko ge­sê.

Een­heid 6 sal voort­aan on­on­der­bro­ke 795 me­ga­watt (MW) aan die net­werk le­wer en 0,35% tot die land se groei­koers by­dra.

Ko­ko het ge­sê Eskom het die ver­troue om voort te gaan met die in­stand­hou­dings­werk aan die Koe­berg-krag­sta­sie, waar­voor op­wek­kings­ver­moë van 900 MW nou af­ge­ska­kel word.

“Ons is taam­lik se­ker dat ons die res van die jaar geen beurt­krag gaan hê nie. In­dien iets on­voor­siens ge­beur, sal ons hoog­stens fa­se 1-beurt­krag in­stel en dit sal kort­ston­dig wees.

“Die vol­gen­de ge­vaar­tyd is eers Fe­bru­a­rie vol­gen­de jaar, wan­neer die vraag na e­lek­tri­si­teit weer kan be­gin toe­neem.”

Dis dui­de­lik dat Eskom se top­be­stuur vol self­ver­troue is om­dat hul­le uit­ein­de­lik daar­in ge­slaag het om die een­heid ten vol­le in be­dryf te stel.

“Wat Me­du­pi en Ku­si­le be­tref, is die erg­ste ag­ter die rug. Ons het on­ge­loof­lik baie ge­leer en die kans is goed dat dit baie be­ter sal gaan met die vol­tooi­ing van die res van die een­he­de,” het Ko­ko ge­sê.

Ku­si­le se eer­ste op­wek­kings­een­heid moet ook in 2017 in be­dryf ge­stel word, as­ook die twee een­he­de van die hi­dro-op­ber­ging­ske­ma In­gu­la. As dit vol­gens plan ver­loop, kan die e­lek- tri­si­teits­kri­sis ver­by wees.

Vol­gens B­ri­an Mo­le­fe, waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof van Eskom, moet in ge­dag­te ge­hou word dat Eskom pro­beer om ag­ter­stal­li­ge werk by een­heid 5 in te haal. “Ek dink die kans is goed dat die een­heid vroeg in 2017 of selfs vroe­ër in be­dryf ge­stel sal word,” het hy ge­sê.

Vol­gens Ko­ko het Eskom taam­li­ke se­ker­heid oor in­stand­hou­dings­werk be­reik mits hy by ’n be­paal­de be­gro­ting daar­voor hou. “Dit be­te­ken nie daar sal geen te­ë­spoed wees nie, maar ons kan din­ge taam­lik goed in be­dwang hou.”

Een­heid 6 sou laat in 2010 reeds in be­dryf ge­stel word en is dus by­na vyf jaar laat.

As die bou­werk vol­gens plan ver­loop het, sou vier van Me­du­pi se ses een­he­de nou reeds in be­dryf ge­wees het en sou die land ’n by­ko­men­de 3 100 MW op­wek­kings­ver­moë ge­had het.

Op die steen­kool­sta­pel­werf lê 4 mil­joen ton steen­kool wat al se­dert 2010 ver­brand moes ge­wees het.

Fo­to: LI­SA HNATOWICZ

Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, en pres. Ja­cob Zu­ma Son­dag by die amp­te­li­ke in­ge­bruik­ne­ming van Me­du­pi se een­heid 6.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.