Su­net­te praat oor haar brons

Beeld - - Front Page - Sa­rel van der Walt

Die spies­gooi­er Su­net­te Vil­joen het Son­dag, op die laas­te dag van die Wê­reld­by­een­koms in Bei­jing, vir ’n wy­le ge­dink sy het ’n goue me­dal­je in die sak­kie.

Maar ná hoog­dra­ma in dié i­tem moes sy met brons te­vre­de wees – Suid-A­fri­ka se der­de me­dal­je in China.

Way­de­vanNie­kerk­het­vroe­ër goud in die 400 m vir mans ge­wen, ter­wyl A­na­so Jo­bod­wa­na ’n brons­me­dal­je in die 200 vir mans los­ge­na­el het.

Vil­joen het met haar vier­de gooi (65.79 m) die voor­tou ge­neem, maar moes toe­sien hoe China se Hui­hui Lyu (66.13) en toe ook die Duit­ser Kathri­na Mo­li­tor (67.69) daar­na be­ter af­stan­de be­haal.

Toe die 31-ja­ri­ge Vil­joen in die vier­de ron­de die eer­ste deel­ne­mer ge­word het wat in dié kom­pe­ti­sie ver­der as 65 m ge­gooi het, was sy en Ter­seus Lie­ben­berg, haar af­rig­ter, baie op­ge­won­de.

Lie­ben­berg was ook die af­rig­ter van Ma­ri­us Cor­bett toe hy in 1997 in A­the­ne die wê­reld­ti­tel in die spies­gooi vir mans ge­wen het.

Die groot ska­re in die O­lim­pie­se sta­di­on het oor­ver­do­wend ge­juig toe Lyu met haar vyf­de gooi die voor­tou by Vil­joen oor­ge­neem het.

Die dra­ma was eg­ter nog nie ver­by nie.

Mo­li­tor het die ti­tel met die laas­te gooi van die kom­pe­ti­sie be­klink. Haar wen­af­stand van 67.69 is boon­op die bes­te af­stand van­jaar in die wê­reld.

Vil­joen het ge­sê nie­mand het Mo­li­tor se laas­te goeie gooi ver- wag nie.

“Ek kon ná my vier­de gooi die goue me­dal­je proe en het ge­dink ek het waar­skyn­lik ge­noeg ge­doen.

“Toe, heel uit die niet en so on­voor­spel­baar, kom Lyu en Mo­li­tor en ver­ras met daai twee gróót gooie. Ek gun hul­le dit en het to­ta­le be­rus­ting dat God se wil ge­skied het,” het die me­dal­je­wen­ner Son­dag uit Bei­jing laat weet.

“Ek is baie dank­baar vir die brons, my twee­de een. Ek is ge­luk­kig, ek is lief vir wat ek doen, ek is lief vir spies­gooi en dit is ’n groot eer om vir my land ’n me­dal­je op dié vlak te kan wen.

“Ek hoop ek het my land trots ge­maak. Don­der­dag­aand in Z­ü­rich (op ’n Di­a­mant­li­ga-by­een­koms) is ek te­rug om voort te veg,” het Vil­joen by­ge­voeg.

Vil­joen en Mo­li­tor was die e­nig­ste deel­ne­mers wat Son­dag met al ses hul gooie af­stan­de van ver­der as 60 m aan­ge­te­ken het.

Vil­joen se ses gooie was 60.18, 63.09, 62.93, 65.79, 62.11 en 60.11.

Vil­joen, wat drie jaar ge­le­de op die O­lim­pie­se S­pe­le in Londen met die vier­de plek te­vre­de moes wees, het vier jaar ge­le­de op die Wê­reld­by­een­koms in Da­e­gu, Suid-Ko­rea, ook die brons­me­dal­je ver­o­wer.

) Ke­nia het die mees­te goue me­dal­jes op die by­een­koms in­ge­sa­mel en neem al­te­sa­me 16 me­dal­jes te­rug huis toe (se­we gou­es, ses sil­wer- en drie brons­me­da­les), ge­volg deur Ja­mai­ka (12, se­we goud, twee sil­wer, drie brons) en die VSA (18, ses goud, ses sil­wer en ses brons).

SA het 13de op die me­dal­je­lys ge­ëin­dig.

Fo­to: REU­TERS

’n Uit­bun­di­ge Su­net­te Vil­joen ná die gooi wat haar kort­ston­dig laat voor­loop het in die spies­gooi vir vroue by die Wê­reld­by­een­koms in Bei­jing. Hoe­wel twee an­der spies­gooi­ers haar la­ter ver­by­ge­steek het en sy met die brons­me­dal­je te­vre­de moes wees, het Vil­joen ge­sê sy hoop steeds sy het haar land trots ge­maak. “Ek het to­ta­le be­rus­ting dat God se wil ge­skied het.”

Fo­to: RO­GER SEDRES | GALLO I­MA­GES

Trots! Su­net­te Vil­joen met die Suid­A­fri­kaan­se vlag na­dat sy Son­dag in Bei­jing die brons­me­dal­je in die spies­gooi vir vroue op die laas­te dag van die Wê­reld­by­een­koms ge­wen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.