Ons mi­nis­ters boer in China

Vrae oor 40 keer in jaar soon­toe

Beeld - - Front Page - Jan Ger­ber

Kaapstad. – Suid-A­fri­kaan­se re­ge­rings­lui en staats­amp­te­na­re het China se drum­pel die af­ge­lo­pe boek­jaar deur­ge­trap.

Min­stens 40 rei­se is daar­heen on­der­neem en min­stens R7,45 mil­joen is in die 2014-’15-boek­jaar daar­aan be­stee.

Tien mi­nis­ters, vier ad­junk­mi­nis­ters en 115 staats­amp­te­na­re het China be­soek, lui­dens par­le­men­tê­re ant­woor­de wat reeds ont­vang is.

Dié sy­fers kan nog toe­neem aan­ge­sien nog nie al die mi­nis­ters die par­le­men­tê­re vrae wat DA-LP’s oor rei­se na China ge­vra het, be­ant­woord het nie.

Boon­op het Ti­na Joe­mat-Pet­ters­son, mi­nis­ter van e­ner­gie wie se reis­kos­te al in die ver­le­de be­vraag­te­ken is, ver­suim om aan te dui hoe­veel haar reis daar­heen ge­kos het.

“Die mi­nis­ter, ad­junk­mi­nis­ter en amp­te­na­re het na China ge­reis. Die be­son­der­he­de sal aan­ge­dui word so­dra die in­lig­ting be­skik­baar is,” lui Joe­mat-Pet­ters­son se ant­woord.

Mild­red O­lip­hant, mi­nis­ter van ar­beid, het ge­ant­woord dat P­hat­he­ki­le Ho­lo­mi­sa, haar ad­junk, en agt amp­te­na­re China be­soek het, maar die deel van die vraag oor die kos­te ge­ïg­no­reer.

Ook die mi­nis­te­rie van staats­diens en ad­mi­nis­tra­sie het aan­ge­dui dat die kos­te van sy rei­se na China in sy jaar­ver­slag ver­skaf sal word.

Die de­par­te­ment wat die mees­te aan rei­se na China be­stee het, is dié van grond­her­vor­ming en lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling. Sy vier rei­se het die be­las­ting­be­ta­ler R4 019 168,25 uit die sak ge­jaag.

Dit blyk dat die be­soek van Gu­gi­le N­kwin­ti, mi­nis­ter van grond­her­vor­ming en lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling, van 27 Ok­to­ber tot 1 No­vem­ber 2014 R263 089,25 ge­kos het.

Die be­son­der­he­de van die an­der be­soe­ke is:

) 24 Ok­to­ber tot 2 No­vem­ber – 42 men­se, van wie tien amp­te­na­re teen R1 109 570;

) 22 Maart tot 6 A­pril 2014 – 52 men­se, van wie 11 amp­te­na­re, teen R1 356 849; en

) 22 Au­gus­tus tot 7 Sep­tem­ber 2014 – 42 men­se, van wie 11 amp­te­na­re, teen R1 289 660.

Die ant­woord spe­si­fi­seer nie wie die men­se is wat nie as amp­te­na­re aan­ge­dui is nie.

“Die doel van die be­soe­ke was om er­va­rings en in­ter­na­si­o­na­le bes­te prak­ty­ke op die ge­bied van grond­her­vor­ming en lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling te deel, as­ook vaar­dig­heids­ont­wik­ke­ling vir nu­we on­der­ne­mings,” lui N­kwin­ti se ant­woord.

Die ont­hul­lings kom teen die ag­ter­grond van pres. Ja­cob Zu­ma se voor­ge­no­me be­soek aan China vol­gen­de week na­dat hy laat ver­le­de jaar ook daar was. (Die pre­si­den­sie se ant­woord is nog nie ont­vang nie).

Zu­ma gaan Don­der­dag deel­neem aan die 70ste her­den­king van die ein­de van die be­set­ting van China en die Twee­de Wê­reld­oor­log, het Lu­wel­lyn Lan­ders, ad­junk­mi­nis­ter van in­ter­na­si­o­na­le be­trek­kin­ge en sa­me­wer­king, van­dees­week ge­sê toe hy Zu­ma se be­soek aan­ge­kon­dig het.

“Suid-A­fri­ka se be­trek­kin­ge met China is op die vlak van ’n om­vat­ten­de stra­te­gie­se ven­noot­skap en die bi­la­te­ra­le be­trek­kin­ge van die le­wen­dig­ste en mees stra­te­gie­se,” het Lan­ders ge­sê.

Fo­to: SIY­A­BU­LE­LA DU­DA, GCIS

Gu­gi­le N­kwin­ti, mi­nis­ter van grond­her­vor­ming en lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling. Sy de­par­te­ment het die af­ge­lo­pe boek­jaar meer as R4 mil­joen aan rei­se na China be­stee.

Fo­to: DENVOR DE WEE

Ti­na Joe­mat­Pet­ters­son, mi­nis­ter van e­ner­gie, sal la­ter sê hoe­veel sy en haar de­par­te­ment aan rei­se na China be­stee het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.