Bok­bloed loop dik in Jes­se se are

Beeld - - Front Page -

Umhlan­ga. – Daar in die Na­tal­se Mid­del­lan­de sal hul­le jou ver­tel die S­pring­bok­ke wen net die Wê­reld­be­ker as ’n oud-leer­ling van Ma­ritz­burg Col­le­ge in die span is.

In 1995 was dit Joel S­tran­sky en in 2007 Butch Ja­mes.

Van­jaar is dit weer sul­ke tyd, want Jes­se K­riel is in die span.

“Ja, ek het ook daai sto­rie ge­hoor,” glim­lag die 21-ja­ri­ge K­riel.

Hy het boon­op nog­al on­langs met al­bei sy ge­roem­de voor­gan­gers by Ma­ritz­burg Col­le­ge ge­praat, raad by hul­le ge­kry en ge­dag­tes oor hul er­va­rings by dié skool uit­ge­ruil.

Die sto­rie word ook ver­tel dat hy en sy twee­ling­broer, Dan, wat nou vir die Blou Bul­le Cur­rie­be­ker-rug­by speel, so k­waai aan­ge­moe­dig is langs die veld deur hul ma, An­ge­la Hodg­son, wat op haar dag ’n S­pring­bok-swem­mer was.

“Dit was erg,” er­ken Jes­se. “In die he­le Suid-A­fri­ka kan daar nie ’n ma wees wat meer te­ke­re ge­gaan het langs die rug­by­veld as my ma nie.

“Sy het ge­skree soos geen an­der ma ooit kan nie en het die een si­ga­ret ná die an­der ge­rook vir haar se­nu­wees. Al­mal het van haar ge­weet,” gee hy toe, hoe­wel hy nie

Chris­to Bu­ch­ner

die trots op haar kan weg­steek nie.

“My pa is dood toe ons agt jaar oud was en my ma het ons so op haar eie groot­ge­maak. Sy was daar vir ons el­ke tree van die pad,” sê hy.

Al is K­riel een van die ba­bas in die Wê­reld­be­ker-groep, is hy glad nie ver­baas dat din­ge so vin­nig vir hom ge­beur het die laas­te klom­pie maan­de nie.

“Ek is van kleins af ge­leer om in my­self te glo en hard te werk vir wat ek wil be­reik. My self­ver­troue kom juis daar­van dat ek ten vol­le voor­be­reid is en nie te­rug­staan vir e­nig­een op die rug­by­veld nie,” sê hy.

“Daar­om pla dit my ook nie om in ver­skil­len­de po­si­sies (heel­ag­ter, vleu­el, sen­ter) ge­bruik te word nie. Ek pas by daar­die si­tua- sie aan.”

Nee wat, hy is glad nie be­kom­merd dat hy soos so­veel be­lo­wen­de spe­lers voor hom soos ’n pi­on rond­ge­skuif gaan word en uit­ein­de­lik in die rug­by­woes­tyn be­land nie.

“Ek sien my veel­sy­dig­heid eer­der as ’n ba­te as ’n las,” glo hy.

Wie was die eer­ste per­soon wat hy laat het hy is in die Wê­reld­be­ker-groep?

“My broer, Dan. Ons loop die pad tree vir tree saam.”

Wie weet, dalk steek daar tog iets in daai Ma­ritz­burg Col­le­ge­sto­rie. Dit lyk of hul­le daar in die Mid­del­lan­de iets reg doen.

K­riel is die der­de Wê­reld­be­ker­S­pring­bok van Ma­ritz­burg Col­le­ge

Fo­to: NASIEF MA­NIE

Die S­pring­bok­sen­ter Jes­se K­riel vroe­ër van­jaar saam met die Bok­af­rig­ter, Hey­ne­ke Mey­er..

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.