Ses be­seer in mo­les by ren­baan

4 jaag weg, tref men­se en mo­tors

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Vier mans wat Sa­ter­dag­aand glo in ’n polisievrou se mo­tor in ver­skeie men­se en voer­tuie by die Ma­hem­ren­baan in P­re­to­ria-vas­ge­ry het, loop nog vry rond.

Ses men­se is be­seer en twee moes hos­pi­taal­be­han­de­ling kry.

’n Mei­sie van vier of vyf jaar oud en haar ma het in hul mo­tor ge­sit toe die Toyo­ta Ya­ris daar­in vas­ge­jaag het. Die kind is lig be­seer, het Xan­der Loub­ser van die Be­st Ca­re-nood­diens ge­sê.

In­tus­sen spook C­han­tel­le Le­wis, ei­e­naar van Ma­hem, om klag­te van be­tre­ding, po­ging tot dief­stal en o­pen­ba­re on­se­de­lik­heid teen die vier mans aan­han­gig te maak.

Sy het Son­dag tot in die vroeë og­gend­u­re by die Her­cu­les-po­li­sie­kan­toor pro­beer, maar la­ter na die Moot-po­li­sie­kan­toor ge­gaan. Dié het haar weer na die Her­cu­les-po­li­sie ver­wys.

Le­wis het die on­af­hank­li­ke po­li­sie-on­der­soek­di­rek­to­raat (O­pod) nou be­trek.

Die voor­val was Sa­ter­dag ná 23:00 op ’n par­keer­ge­bied bui­te die Ma­hem-per­seel na­dat die aand se pro­gram klaar was.

Le­de van die plaas­li­ke ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum (GPF) het kort voor die voor­val aan haar kom sê vier mans het son­der kaar­tjies in­ge­glip en mo­les ge­maak. Hul­le het glo on­der meer op men­se en hul be­sit­tings ge­ü­ri­neer.

Die GPF-le­de het die moei­lik- heid­ma­kers uit be­ge­lei.

Twee van die mans is na die Ya­ris en twee na an­der voer­tuie.

Vol­gens om­stan­ders het die laas­te twee pe­trol uit an­der mo­tors be­gin tap.

“Die e­vents op Ma­hem was ver­by en die men­se het be­gin uit­stroom. Die ei­e­naar van ’n bak­kie het ge­sien die ou steel sy pe­trol en na­der ge­hard­loop,” het ’n man ge­sê.

Die twee ver­dag­tes het na die Ya­ris ge­hard­loop. “Die Ya­ris het met ’n hel­se spoed weg­ge­trek en be­heer ver­loor,” het nog ’n oog­ge­tuie woe­dend ge­sê.

In die pro­ses is drie an­der voer­tuie, van hul­le met men­se in, en voet­gan­gers ge­tref.

Een van die om­stan­ders het ge­sê Le­wis, wat klein ge­bou is, moes haar stem dik maak om die woe­den­de men­se van die vier moei­lik­heid­ma­kers, wat toe nog in die Ya­ris was, weg te hou. “Dit was so am­per ’n ras­se­voor­val, ver­al toe die Ma­me­lo­di­po­li­sie­vrou op­daag. Haar man het die Ya­ris glo be­stuur.

“Daar was po­li­sie­goed soos u­ni­forms in die Ya­ris,” het die oog­ge­tuie ge­sê.

Le­wis het die po­li­sie ont­bied, maar die Her­cu­les-po­li­sie het glo eers ’n uur en ’n half la­ter op­ge­daag, glo weens ’n te­kort aan voer­tuie.

Le­wis het die am­bu­lans wat by die ren­baan was ont­bied om die be­seer­des te help.

Loub­ser het ge­sê: “’n Vrou was bui­te haar kar toe die Ya­ris ’n bak­kie tref. Die bak­kie het die vrou toe teen haar eie voer­tuig vas­ge­pen.”

Die bak­kie het nog ’n vrou om­ge­stamp en ’n man het snye op­ge­doen toe hy uit die pad pro­beer spring het.

“Twee vroue, een met been­be­se­rings en een met ’n bek­ke­nen rug­be­se­ring, is hos­pi­taal toe ge­neem.”

Die toe­skou­ers se on­te­vre­den­heid het by­na hand­uit ge­ruk toe die po­li­sie uit­ein­de­lik op­daag en die vrou­e­lid glo ge­help het om die u­ni­forms uit die Ya­ris te laai.

Die po­li­sie het die vier ver­dag­tes weg­ge­neem.

Kapt. Lou­i­se Reed-S­teyn­berg, po­li­sie­woord­voer­der, het be­ves­tig dat geen dos­sier in ver­band met die voor­val ge­o­pen is nie.

’n On­ge­luk waar­in drie voer­tuie was, is wel aan­ge­meld, het sy ge­sê.

Die Toyo­ta Ya­ris wat glo aan ’n polisievrou van Ma­me­lo­di be­hoort na­dat dit in ver­skeie voer­tuie en voet­gan­gers by die Ma­hem­ren­baan vas­ge­jaag het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.