Ge­skei­de mág van on­ge­luk­ke­fonds eis, al is haar eks dood

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

’n 71-ja­ri­ge vrou mag on­der­houd van die Pa­don­ge­luk­ke­fonds (POF) eis, selfs al was sy reeds drie maan­de ge­skei toe haar eks­man dood is en daar nie ’n on­der­houd­skik­king was nie.

Die Noord-Gau­teng­se hoog­ge­regs­hof het be­vind dat Mag­da­le­na Jo­han­na Nais­bitt van Lou­is T­ri­chardt in Lim­po­po op die on- der­houd ge­reg­tig is om­dat Nor­man Nais­bitt haar selfs ná hul eg­skei­ding on­der­hou en on­der­steun het.

Nor­man (57) is op 19 Sep­tem­ber 2013 in ’n mo­tor­fiets­on­ge­luk dood.

Die POF het die eis om on­der­houd teen­ge­staan om­dat die Nais­bitts ge­skei en daar nie ’n on­der­houds­be­vel ge­maak was nie.

Die Nais­bitts het ná die eg­skei­ding steeds saam­ge­woon en Nor­man het steeds sy voor­ma­li­ge vrou gel­de­lik on­der­hou.

Lui­dens die hof­do­ku­men­te het Nor­man vry­wil­lig on­der­neem om sy eks­vrou “vir die res van sy le­we te on­der­hou”.

Me. Nais­bitt het ge­tuig hul­le was 13 jaar ge­troud

Ty­dens die eg­skei­dings­ge­ding het sy uit die huis ge­trek en in ’n ka­mer in die ag­ter­plaas ge­woon.

Voor die eg­skei­ding het die oor­le­de­ne tot 50% van die huis­hou­ding se uit­ga­wes by­ge­dra en 50% van die huis­huur be­taal.

“Ná die eg­skei­ding het hul­le steeds saam­ge­woon as­of hul­le man en vrou was. Sy (die ei­ser) het aan­ge­voer dat die oor­le­de­ne nie ’n ge­wil­li­ge par­ty tot die eg­skei­ding was nie. Hy het haar voor en ná die eg­skei­ding in­ge­lig dat sy al­tyd sy vrou sal wees.

“Die e­nig­ste re­de hoe­kom sy van hom ge­skei het, was om­dat hy oor na­we­ke al­ko­hol mis­bruik het,” het die hof­uit­spraak ge­lui.

Ná mnr. Nais­bitt se dood het haar twee vol­was­se seuns haar help on­der­hou.

Me. Nais­bitt het ge­sê sy het nie in die eg­skei­ding­saak on­der­houd ge­ëis nie, want haar Regs- hul­praad-pro­ku­reur het haar nooit ge­sê dat sy kan nie.

Reg­ter J.J. S­tri­j­dom het be­vind dat die vrou reg­uit en son­der weer­spre­kings ge­tuig het. Haar seuns se ge­tui­e­nis het haar weer­ga­we be­ves­tig.

“’n Uit­ge­druk­te of stil­swy­en­de oor­een­koms het tus­sen die ei­ser en die oor­le­de­ne ná hul eg­skei­ding ont­staan met ’n bin­den­de ver­plig­ting om die ei­ser te on­der­hou . . . twee­dens was die ver­hou­ding van so ’n aard dat dit be­sker­ming deur die hof ver­dien,” het S­tri­j­dom ge­sê. “Die on­der­ne­ming deur die oor­le­de­ne het aan die ei­ser ’n re­de­li­ke ver­wag­ting ge­gee dat hy haar selfs ná hul eg­skei­ding sou on­der­hou.”

Dus het die hof be­vind dat me. Nais­bitt wel van die POF on­der­houd mag eis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.