‘Trou met my . . . as ons jou ring uit wa­ter kry’

Beeld - - Nuus - Jo­dy Nel

Voor­dat ’n A­me­ri­kaan­se man sy mei­sie kon vra om te trou, het die ver­loof­ring uit die bok­sie ge­val en in ’n ri­vier be­land.

Die ver­haal het wel ’n ge­luk­ki­ge ein­de ge­had toe die ring ná so­wat ’n uur en ’n half op­ge­spoor is en die vrou “ja” ge­sê het.

Matthew Pic­ca (25) en Kay­la Har­ri­ty (24) van Noord-Ca­ro­li­na in die VSA was Sa­ter­dag by die Old A­me­ri­can Fish-re­stau­rant in die stad Sout­hport toe Pic­ca vir Har­ri­ty om haar hand wou vra.

Die paar­tjie het op die dek, wat oor wa­ter loop, gaan staan.

Har­ri­ty het op Fa­ce­book ge­skryf dat Pic­ca “op een knie” gaan staan het.

“Net toe hy die ring­boks oop- ge­maak het, het die ring uit­ge­val en deur ’n kraak in die dek ge­val.

“Dit het (ons) een en ’n half uur ge­vat om die ring uit die wa­ter te kry.

“Maar dit is ge­vind en ons gaan trou!” Pic­ca het la­ter aan die Fox

News-fi­li­aal Fox 46 C­har­lot­te ge­sê die ring was nie in die reg­te po­si­sie in die boks nie en het dus uit­ge­val toe hy dit oop­ge- maak het.

Ná dié skok het die paar­tjie, Har­ri­ty se sus­ter, dié se man en vier vreem­de­lin­ge in die wa­ter ge­spring en na die ring be­gin soek.

’n Man ge­naamd Ky­le Blus­her het uit­ein­de­lik die ring ge­kry, het WBTV be­rig.

Fo­to’s: KAY­LA HAR­RI­TY, FA­CE­BOOK

Matthew Pic­ca (25) gaan vir die twee­de keer op die knie om sy mei­sie, Kay­la Har­ri­ty (24), te vra om met hom te trou.

Pic­ca sit die ring aan Har­ri­ty se vin­ger na­dat sy in­ge­stem het om met hom te trou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.