Wool­ies sal soet ver­soe­king van be­taal­pun­te ver­wy­der

Beeld - - Nuus - Ro­chél­le Hu­man

Wool­wort­hs gaan die kleur­ry­ke soet ver­lei­dings by sy be­taal­pun­te ver­wy­der.

Dit is goeie nuus vir ou­ers wat hul kin­ders van dié lek­ker­nye weg moet kry.

Die han­de­laar het Vry­dag in ’n ver­kla­ring ge­sê hy is toe­ge­wy daar­aan om ge­son­der al­ter­na­tie­we aan kin­ders en ou­ers te bied.

Vol­gens ’n stu­die van die sen­trum vir we­ten­skap in die o­pen­ba­re be­lang (CSPI), ’n A­me­ri­kaan­se nie­wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie en voed­sel­wag­hond, lei die pla­sing van ge­mors­kos by be­taal­pun­te tot on­be­plan­de aan­ko­pe en die oor­ma­ti­ge in­na­me van ka­lo­rieë wat ver­brui­kers se ge­sond­heid on­der­myn.

Ver­brui­kers het die aan- kon­di­ging op Wool­wort­hs Suid-A­fri­ka se Fa­ce­book-blad ver­wel­kom. Tal­le het op­ge­merk dit sal ook vir hul­le en hul kin­ders help om die ver­soe­king te weer­staan.

Die ver­an­de­ring geld al­le nu­we Wool­wort­hs-win­kels, as­ook die groot tak­ke.

Wool­wort­hs sal in pa­neel­ge­sprek­ke en fo­kus­groe­pe met klan­te be­paal wat­ter pro­duk­te hul­le graag in die be­taal­punt­gan­ge sou wou hê.

As deel van sy Good Food Jour­ney het die han­de­laar in 1999 die ge­bruik van MSG en tar­tra­sien uit­ge­sny. Wool­wort­hs sê in 2007 en 2008 is on­ge­veer 79 t sui­ker uit sy sap en nek­tar ver­wy­der, die jo­gurtreeks se sui­ker­in­houd met 15% ver­min­der en die han­dels­naam­pro­duk­te se sou­tin­houd ver­min­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.