Pienk golf vir meer as pret

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Die fee­tjie­fa­mi­lie was pret­tig in pienk vler­kies en tu­tu’s, maar soos baie an­der was hul deel­na­me aan die ge­wil­de S­par-vroue-uit­da­ging Sa­ter­dag vir ’n erns­ti­ger re­de as net lek­ker­te.

Die te­ma van die pad­wed­loop was “Step­ping for . . .”

Deel­ne­mers kon stap/hard­loop vir e­nig­iets wat hul­le na aan die hart lê, soos vre­de, lief­de op die stryd teen kan­ker.

Jo­han du Toit se pa is net min­der as twee maan­de ge­le­de weens kan­ker oor­le­de. Daar­om het sy vrou, Al­ma­rie, en haar sus­sie se ge­sin, die Brandts, van wie se kin­ders Du Toit die peet­pa is, 5 km saam met hom in Cen­tu­ri­on se stra­te ge­stap.

Om­dat dit gaan oor vroue, en dit die ein­de van Vrou­e­maand is, het tal­le man­ne nie ge­hui­wer om hul “vrou­li­ke” sy te wys nie.

Soos een in die ver­by­stap ge­spog het: “Ek het boobs én bi­seps!” Sy maat het by­ge­voeg: “En ’n bier­pens”.

Meer as 25 000 men­se het die 5 km-roe­te of die 10 km-roe­te van Su­perS­port-park aan­ge­pak.

Daar was pro­fes­si­o­ne­le at­le­te. Dan was daar die me­nig­te wat soos ’n pienk slang van die weg­spring­punt weg­ge­kron­kel het.

Daar was die mei­sie met ’n pienk gips­been in ’n rol­stoel.

Daar was go­go Peg­gy Mo­got­si (75), wat swe­tend met haar kruk­ke saam­ge­stap het, want “vroue kán en ek deel dit met an­der vroue”.

Tu­mi M­si­bi se man en seun­tjie het ge­trou langs die pad ge­wag ter­wyl sy die roe­te – met ver­moe­de­lik die jong­ste deel­ne­mer – in ’n kan­ge­roe“bui­del” – aan­ge­derf het.

Haar dog­ter­tjie, ook Tu­mi, is drie maan­de oud. In ma se mi­ni­koel­sak was pad­kos­melk.

“So­dat sy in ’n om­ge­wing groot­word waar sy weet vroue het reg­te,” het die spor­tie­we ma ge­sê.

Een mei­sie­tjie het kort ná die weg­spring ge­vra hoe ver nog.

Haar ma het haar op­ge­tel om die me­ning­te voor hul­le te sien.

“Ho­ly M . . .” het die po­nie­stert-mei­sie ge­skok ge­ui­ter.

Jie­hann Ven­ter en Frans van Rens­burg was saam met hul we- der­helf­tes daar, maar die twee man­ne het vas ge­glo hul­le lyk meer fa­bu­li­ci­ous in hul pienk kor­set­te.

Je­ro­me Ja­cobs, ’n be­mar­kings­di­rek­teur van S­par, het in ’n ver­kla­ring ge­sê deel­ne­mers kon die te­ma in­ter­pre­teer soos hul­le wil so­dat die wed­loop per­soon­lik kan wees.

“Dit gaan daar­oor om an­der eer­ste te stel, ’n pas­sie vir wel- syn te ont­wik­kel. Dit is hoe­kom al die geld wat in­ge­sa­mel is, aan wel­syns­or­ga­ni­sa­sies ge­skenk word.”

Fo­to: LI­SA HNATOWICZ

Meer as 25 000 pienk ge­kle­des het Sa­ter­dag aan die S­par­vroue­uit­da­ging in Cen­tu­ri­on deel­ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.