Von­nis vir 3 van me­dia skok

E­gip­tie­se hof stuur hul­le vir 3 j. tronk toe

Beeld - - Nuus -

A­fri­ka-joer­na­lis­te wat in Gra­ham­stad saam­ge­trek het, het hul skok uit­ge­spreek oor die von­nis wat ’n E­gip­tie­se hof aan drie joer­na­lis­te van Al-Ja­zeera op­ge­lê het.

Die drie is Sa­ter­dag elk tot drie jaar tronk­straf ge­von­nis om­dat hul­le glo son­der ’n li­sen­sie ge­werk het, be­rig Reu­ters.

Mo­ha­med Fahmy, ’n E­gip­te­naar en ge­na­tu­ra­li­seer­de Ka­na­de­se bur­ger, Ba­her Mo­ha­med, ’n E­gip­te­naar, en Peter G­res­te, ’n Aus­tra­li­ër, is in 2013 in heg­te­nis ge­neem en daar­van be­skul­dig dat hul­le saam­span met die Broe­der­skap, ’n par­ty wat Mo­ha­med Mor­si, wat de­mo­kra­ties ver­kies is as pre­si­dent en toe uit­ge­werk is, on­der­steun het.

G­res­te is vroe­ër van­jaar ge­de­por­teer en in sy af­we­sig­heid ge­von­nis.

Die A­fri­ka-joer­na­lis­te het in ’n ver­kla­ring ge­sê hul­le ver­oor­deel die vol­ge­houe on­der­druk­king van die me­dia deur die mi­li­tê­re jun­ta wat in E­gip­te heers en be­pleit die vry­la­ting van die joer­na­lis­te en al­le an­der wat on­reg­ver­dig aan­ge­hou word.

Die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Re­dak­teurs­fo­rum (Sa­nef), die A­fri­ka-re­dak­teurs­fo­rum (Ta­ef), die A­fri­ka-me­dia-i­ni­si­a­tief (AMI) en af­ge­vaar­dig­des na die Highway Africa-kon­fe­ren­sie ver­ga­der by die R­ho­des-u­ni­ver­si­teit in Gra­ham­stad.

“Ons doen ’n be­roep op die E­gip­tie­se pre­si­dent, Ab­del Fat­tah al-Si­si, om sy be­lof­te na te kom om die joer­na­lis­te kwyt te skeld.

“Ons doen ook ’n be­roep op A­fri­ka-re­ge­rings om aan te sluit by hier­die be­roep en om al­les in hul ver­moë te doen om E­gip­tie­se heer­sers te dwing om E­gip­te se ver­plig­tin­ge as lid van die A­fri­ka-U­nie en wat hom tot de­mo­kra­sie, ge­reg­tig­heid en reg­ver­dig­heid ver­bind na te kom,” het die joer­na­lis­te ge­sê.

“Ons doen ’n be­roep op die A­fri­ka-U­nie se kom­mis­sie en die voor­sit­ter, dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, om in te gryp en die joer­na­lis­te en an­der aan­ge­hou­de­nes se on­mid­del­li­ke vry­la­ting te­weeg te bring.

“Ons meen dit sal ’n mis­daad wees wat ten he­me­le skrei as Fahmy vry­heid net sal kan smaak deur sy A­fri­ka-i­den­ti­teit en -bur­ger­skap te ver­saak en net sy dub­be­le Ka­na­de­se bur­ger­skap te aan­vaar.

“Joer­na­lis­tiek is nie ’n mis­daad nie.”

Sa­nef het ver­le­de jaar ’n nota van pro­tes aan die E­gip­tie­se ambassadeur in P­re­to­ria oor­han­dig waar­in hy die joer­na­lis­te se vry­la­ting vra.

Daar­in sê Sa­nef die joer­na­lis­te se in­heg­te­nis­ne­ming is ’n sken­ding van spraak­vry­heid en E­gip­te se ver­bin­te­nis tot me­di­a­vry­heid in oor­een­stem­ming met die A­fri­ka-hand­ves van Men­se­reg­te.

Mar­wa Fahmy, vrou van die Ka­na­de­se joer­na­lis Mo­ha­med Fahmy, bars in tra­ne uit na­dat haar man en nog twee joer­na­lis­te Sa­ter­dag in Kaïro ge­von­nis is. By haar is die men­se­reg­te­pro­ku­reur A­mal Cloon­ey.

Fo­to’s: AP

Fahmy hoor sy von­nis in ’n klank­dig­te glas­kas aan in ’n hof wat in die To­ra­tronk in Kaïro in­ge­rig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.