Dorps­raad sê sus­ters moet ver­krag word

Beeld - - Nuus -

Am­nes­tie In­ter­na­si­o­naal het ’n be­roep op die In­die­se o­wer­heid ge­doen om die vei­lig­heid van ’n 15-ja­ri­ge mei­sie en haar 23ja­ri­ge sus­ter te ver­se­ker wat “ge­von­nis” is tot ver­krag­ting.

Hul dor­pie se dorps­raad het aan­be­veel dat hul­le ver­krag en kaal ge­pa­ra­deer word na­dat hul broer met ’n ge­trou­de vrou weg­ge­loop en ge­trou het, het

News24 be­rig. Die sus­ters en hul fa­mi­lie het in­tus­sen uit die dis­trik Bag­hpat in die deel­staat Ut­tar Pra­desj ge­vlug.

Die ou­er sus­ter, Meen­aks­hi Ku­ma­ri, het die In­die­se hoog­ge­regs­hof ge­vra om haar fa­mi­lie te be­skerm so­dat hul­le na hul huis kan te­rug­keer.

Een van haar broers het aan Am­nes­tie In­ter­na­si­o­naal ge­sê die dorps­men­se is ag­gres­sie­wer teen­oor hul­le van­dat hul­le hoog­ge­regs­hof toe ge­gaan het.

Die Ku­ma­ri-ge­sin is van die lae Da­lit-stand en die vrou met wie die broer weg­ge­loop het ’n Jat.

“In die Pan­cha­jat [raad], is die Jat se be­sluit fi­naal. Hul­le het nie na ons ge­luis­ter nie. Die po­li­sie het nie na ons ge­luis­ter nie. Die po­li­sie het ge­sê e­nig­ie­mand kan nou ver­moor word,” het hy ge­sê.

Vol­gens Am­nes­tie In­ter­na­si­o­naal het die sus­ters se pa ’n klag by die na­si­o­na­le men­se­reg­te­kom­mis­sie en die na­si­o­na­le kas­te­kom­mis­sie in­ge­dien.

Die vei­lig­heid van die Jat­vrou wat met die broer weg­ge­loop het, kwel die fa­mi­lie ook.

In­dië se H­in­du­stan Ti­mes be­rig die broer (22) en die 21-ja­ri­ge vrou is al drie jaar ver­lief, maar haar ou­ers het haar in Fe­bru­a­rie met ’n Jat-seun­tjie laat trou. ’n Maand la­ter het sy ge­vlug. Die paar­tjie het hul­le oor­ge­gee na­dat van hul fa­mi­lie­le­de glo ge­mar­tel is.

Die H­in­du­stan Ti­mes be­rig die jong man is in heg­te­nis ge­neem op ’n vals dwelm­klag en is nog ag­ter tra­lies.

Die jong vrou, wat glo swan­ger is, is te­rug­ge­stuur na haar ou­er­huis.

Am­nes­tie In­ter­na­si­o­naal het ’n ver­soek­skrif op­ge­stel waar­in hy die o­wer­heid in Ut­tar Pra­desj vra om die fa­mi­lie se vei­lig­heid te waar­borg.

Meer as 90 000 men­se het die ver­soek­skrif al on­der­te­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.