Kan­sel­leer riet­dans, eis S­wa­zi­groep

Beeld - - Nuus -

Ko­ning Ms­wa­ti III van S­wa­zi­land be­hoort die jaar­lik­se riet­dans te kan­sel­leer ná ’n gru­on­ge­luk waar­in 65 mei­sies wat op pad na die dans was, dood is, het ’n op­po­si­sie­groep ge­sê.

’n Groot groep mei­sies was op ’n oop vrag­mo­tor toe dit ’n mo­tor van ag­ter ge­tref het.

38 mei­sies is op die to­neel dood en nog 27 is la­ter in die hos­pi­taal dood.

Die re­ge­ring het teen Son­dag­mid­dag nog nie die do­de­tal be­ves­tig nie en die ko­ning sou steeds voort­gaan met die pleg­tig­heid waar­in hy ’n vrou kies.

Die S­wa­zi So­li­da­ri­ty Net- work het ge­sê die ko­ning het ’n mo­re­le plig om die pleg­tig­heid te kan­sel­leer en twee dae van rou uit te roep.

“As hy ’n grein­tjie mo­ra­li­teit het, moet hy vir die eer­ste keer in sy le­we soos ’n va­der op­tree en dié ding kan­sel­leer.

“Selfs al sou hy van­dag of mô­re ’n vrou uit­ge­kies het, be­hoort hy dit te kan­sel­leer of uit­stel tot vol­gen­de jaar,” het Lucky Luk­he­le van die net­werk ge­sê.

Die pleg­tig­heid het vol­gens Luk­he­le ’n ge­skie­de­nis van leu­ens en toe­smeer­de­ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.