Kla­vier in Ab­ba se tref­fers op­ge­veil

Beeld - - Nuus - – Jo­dy Nel

Die i­ko­nie­se vleu­el­kla­vier wat ge­bruik is in die op­na­me van Ab­ba se be­kend­ste tref­fers kan tot R20 mil­joen haal wan­neer dit vol­gen­de maand on­der die ha­mer kom.

Die Bolin-vleu­el­kla­vier, wat la­ter be­kend was as die Ab­ba-vleu­el­kla­vier, kan ge­hoor word in by­na al die lied­jies wat Ab­ba tus­sen 1973 en 1977 op­ge­neem het.

Dit sluit in “Mam­ma Mia”, “Wa­ter­loo”, “Mo­ney, Mo­ney, Mo­ney” en “Dan­cing Qu­een”.

Die B­rit­se af­sla­er Sot­he­by’s gaan die vleu­el­kla­vier op 29 Sep­tem­ber in Londen op­veil.

Lui­dens ’n ver­kla­ring het die in­no­ve­ren­de S­weed­se ont­wer­per Georg Bolin die kla­vier oor­spronk­lik vir die A­me­ri­kaan­se jazz­pi­a­nis en kom­po­nis Bill E­vans ge­maak.

Lui­dens ’n be­rig in The New York

Ti­mes in 1964 ver­teen­woor­dig die vleu­el­kla­vier Bolin se be­geer­te om ’n in­stru­ment te maak wat die pi­a­nis die sen­sa­sie gee dat hy “di­rek op die sna­re” speel, soos wat ’n ki­taar­spe­ler dit sou voel.

Me­tro­no­me Stu­di­os in S­tock­holm het die kla­vier in 1967 ge­koop.

Daar het dit die aan­dag van Ab­ba se Ben­ny An­ders­son ge­trek.

Hy het die kla­vier vir Ab­ba se eer­ste vyf al­bums ge­speel.

“Die Bolin-vleu­el­kla­vier is ei­e­soor­tig en was ’n groot bron van in­spi­ra­sie ter­wyl ons . . . in die a­tel­jee ge­werk het,” het An­ders­son ge­sê.

Sot­he­by’s skat die kla­vier kan tot £800 000 (so­wat R16 mil­joen) op die vei­ling haal. Saam met be­las­ting sal die ko­per so­wat £992 000 (so­wat R20 mil­joen) moet op­dok.

Fo­to: SOT­HE­BY'S

Ab­ba se Bolin­vleu­el­kla­vier kom vol­gen­de maand on­der die ha­mer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.