Al­le oë steeds op China en die Fed

Beeld - - Nuus -

Ver­le­de Maan­dag het vre­se oor die wel­stand van die C­hi­ne­se e­ko­no­mie wêreldmarkte op hol ge­had.

Van­dees­week is China steeds die fo­kus van be­leg­gers se aan­dag.

Daar­mee saam sal daar op­nuut vrae ge­vra word oor die A­me­ri­kaan­se Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad (Fed) se voor­ne­me om vol­gen­de maand die ren­te­koers te ver­hoog.

Wil­li­am Dud­ley, pre­si­dent van die Fe­de­ra­le Re­ser­we­bank van New York, het ver­le­de week ge­sê die ar­gu­men­te ten guns­te van ’n koers­ver­ho­ging lyk nou min­der oor­tui­gend.

In­dien die koers wel ver­hoog, sal dit ont­lui­ken­de mark­te se indekse op­nuut laat tui­mel soos wat be­leg­gers hul geld ver­skuif na be­stem­mings met ho­ër groei.

Daar sal Dins­dag met a­rends­oë ge­kyk word na die uit­rei­king van da­ta oor China se aan­ko­pe­be­stuurs­in­deks (PMI) – wat na ver­wag­ting sal wys dat ver­vaar­di­ging van­dees­maand in die wê­reld se naas­groot­ste e­ko­no­mie in­ge­krimp het.

“China, die e­pi­sen­trum van die af­ge­lo­pe week se be­we­gings, sal in die ko­men­de week steeds die mid­del­punt van aan­dag wees soos wat mark­te pro­beer be­paal of die erg­ste van die ver­ko­pe nou ver­by is,” sê P­hi­lip S­haw, hoof­e­ko­noom van In­ves­tec.

Ver­le­de Vry­dag was die S­jan­ghai­in­deks by­na 38% la­er as wat dit op 12 Ju­nie van­jaar was en ont­le­ders is dit eens dat ver­de­re maat­re­ëls no­dig is om die C­hi­ne­se e­ko­no­mie te on­der­steun en mark­te te kal­meer.

Die land se sen­tra­le bank het koer­se ge­sny en ver­le­de Dins­dag vir die twee­de keer in twee maan­de die ver­eis­tes ver­slap vir die hoe­veel­heid re­ser­wes wat sy ban­ke moet te­rug­hou.

Die ver­wag­ting is dat dié ver­eis­te voor ein­de van­jaar selfs ver­der ver­slap sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.