Ford be­haal pro­duk­sie­myl­pa­le vir sy Ran­ger

Beeld - - Nuus -

Die mo­tor­ver­vaar­di­ger Ford het in Au­gus­tus drie pro­duk­sie-myl­pa­le vir sy Ran­ger-bak­kies be­reik.

Die bak­kies word se­dert 2011 in Suid-A­fri­ka ver­vaar­dig.

Vry­dag is be­kend ge­maak dat die aan­leg by Sil­ver­ton sy 250 000ste Ford Ran­ger aan­me­kaar­ge­sit het. Ewe veel Du­ra­torq TDCi-en­jins is by die fa­briek in S­tru­an­da­le, Port E­li­za­beth, ver­vaar­dig.

Dié en­jins word plaas­lik ver­vaar­dig vir die Ran­ger-uit­voer­pro­gram.

Die aan­leg het ook sy 500 000ste kom­po­nent vir dié en­jin-uit­voer­pro­gram ver­vaar­dig.

Vol­gens Jeff Ne­meth, uit­voe­ren­de hoof van Ford in Sui­der-A­fri­ka, het die ver­ko­pe van sy Ran­ger-bak­kies tot dus­ver van­jaar met 38% teen­oor die vo­ri­ge boek­jaar ge­styg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.