China kan nie ont­lui­ken­des red

In­dië se kom­mo­di­teits­vraag al wat wê­reld­wye groei kan be­gin

Beeld - - Sakenuus - Chris­to Lu­üs van Thi­rd Ci­r­cle Ba­te­be­stuur is ’n voor­ma­li­ge wen­ner van Sa­ke se E­ko­noom van die Jaar-wed­stryd.

Die fi­nan­si­ë­le mark­te lyk al weer cha­o­ties – ver­al in die so­ge­naam­de ont­lui­ken­de e­ko­no­mieë, wat na­tuur­lik Suid-A­fri­ka in­sluit.

Nie net het die rand ver­le­de week kort­ston­dig tot sy laag­ste vlak tot nog toe ge­daal teen­oor die dol­lar, die eu­ro en die pond nie, maar Suid-A­fri­kaan­se ef­fek­te en aan­de­le het skerp ge­re­a­geer op die nuus dat China sy geld­een­heid ge­de­va­lu­eer het.

Die re­de vir hier­die fi­nan­si­ë­le kon­ta­mi­na­sie weens die C­hi­ne­se be­sluit is twee­le­dig. Be­leg- gers sien dit eer­stens as ’n po­ging om die C­hi­ne­se e­ko­no­mie meer me­de­din­gend te maak en so­doen­de die groei­ten­dens wat stel­sel­ma­tig af­waarts neig, te stop of om te keer.

As China se groei­koers voort­gaan om la­er te neig, be­te­ken dit an­der ont­lui­ken­de mark­te – ver­al kom­mo­di­teits­pro­du­sen­te – se uit­voer en e­ko­no­mieë sal ver­der na­de­lig ge­raak word.

Twee­dens ver­laag ’n wis­sel­koers­de­va­lu­a­sie die po­ten­si­ë­le op­brengs op bui­te­land­se be­leg­gings in China dien­oor­een­koms­tig. As aan­de­le- en an­der ba­te­pry­se boon­op ver­der on­der druk ge­plaas word, ont­se­nu dit be­leg­gers wat so gou as moont­lik hul geld wil ver­skuif uit hier­die groep lan­de, wat as ho­ë­ri­si­ko- be­stem­mings be­skou word.

Ten spy­te van die op­mer­kings deur se­ke­re waar­ne­mers dat die hui­di­ge skom­me­lings op aan­de­le­mark­te son­der pre­se­dent is, is die on­der­lig­gen­de ont­wik­ke­ling van die al­ge­me­ne wis­sel­val­lig­heid en swak­heid taam­lik in oor­een­stem­ming met vo­ri­ge beer­mark­te. Wat wel in ’n ma­te kom­mer­wek­kend is, is of hier­die ont­vou­en­de kri­sis met die­self­de wa­pen­ar­se­naal van be­leids­rig­tings as voor­heen be­veg kan word.

Ren­te­koer­se in ont­wik­kel­de e­ko­no­mieë is steeds op baie lae vlak­ke, ter­wyl kwan­ti­ta­tie­we ver­rui­ming (geld­skep­ping) reeds tot groot hoog­tes ge­voer is. Die wê­reld se twee voor­ste sen­tra­le ban­ke – die VSA se Fe­de­ra­le Re- ser­we­raad en die Eu­ro­pe­se Sen­tra­le Bank – sal waar­skyn­lik nie so­veel kan ver­mag as in die vo­ri­ge on­lang­se kri­sis­se nie.

Hier­be­ne­wens be­staan daar steeds ’n skuld- en e­ko­no­mie­se kri­sis in Eu­ro­pa, ten spy­te van die on­lang­se skul­d­oor­een­koms wat met G­rie­ke­land be­ding is.

S­taat­skuld­vlak­ke in die mees­te Eu­ro­pe­se e­ko­no­mieë is nog aan­sien­lik ho­ër as in 2007. Oor hier­die tyd­perk het G­rie­ke­land se skuld-tot-BBP-ver­hou­ding van 103% tot 186% ge­styg; S­pan­je s’n van 36% tot 101%; en Frank­ryk s’n van 64% tot 99%. Naas G­rie­ke­land het I­ta­lië se skuld­vlak ook dra­ma­ties ver­hoog tot 137% na­dat dit in 2007 op 99% te staan ge­kom het.

Be­sui­ni­gings­maat­re­ëls wat daar­op ge­mik is om staats­be­ste­ding in toom te hou, het op hul beurt na­tuur­lik die voor­spel­ba­re ge­vol­ge ge­had van lae tot geen e­ko­no­mie­se groei en gro­ter werk­loos­heid.

Werk­loos­heid be­loop tans so­wat 11% vir die eu­ro­ge­bied as ge­heel, ter­wyl dit so hoog soos 25,6% in G­rie­ke­land en 22,5% in S­pan­je is.

Die de­fla­sie-pro­bleem lyk ook nie of dit gou gaan wyk nie met in­fla­sie in die Eu­ro­pe­se U­nie (EU) wat in Ju­lie s­legs 0,2% be­loop het. Dit ver­oor­saak dat ren­te­koer­se ui­ters laag is en dat daar dus nie e­ni­ge sti­mu­le­ren­de ren­te­koers­be­lei­de toe­ge­pas kan word nie.

Hier­die vraag­stuk­ke toon dui­de­lik die fun­da­men­te­le pro­bleem in die eu­ro­so­ne: ’n en­kel wis­sel­koers-so­ne son­der ’n fis­ka­le u­nie. Die moont­lik­heid dat G­rie­ke­land dit kan ver­laat, be­staan steeds en sal na­tuur­lik weer markon­stui­mig­heid te­weeg kan bring. As G­rie­ke­land wel die eu­ro­ge­bied ver­laat en dit boon­op daar­toe aan­lei­ding gee dat an­der lan­de (soos Por­tu­gal, S­pan­je of I­ta­lië) uit die EU pad­gee, kan din­ge vir die wê­reld­e­ko­no­mie erns­tig skeef loop.

Ka­pi­taal­vloei uit die EU en ont­lui­ken­de mark­te sal tot ge­volg hê dat die dol­lar ver­ste­wig, wat met­ter­tyd e­we­wig kan her­stel. Maar vin­ni­ger groei in die mees­te wê­reld­de­le kan nog vir ’n lang tyd bui­te be­reik bly.

Al hoe meer waar­ne­mers twy­fel nou erns­tig in China se ver­moë om as ka­ta­li­sa­tor te dien vir wê­reld­wye groei.

Die land het ’n skuld­be­laai­de reus ge­word met ’n vin­nig ver­ou­de­ren­de be­vol­king wat poog om sy e­ko­no­mie te om­vorm van ka­pi­taal- tot ver­bruiks­be­ste­ding. Om vo­ren­toe suk­ses­vol te wees, sal sy ka­pi­taal­re­ke­ning ge­de­re­gu­leer en sy geld­een­heid vry­swe­wend ge­maak moet word.

Waar­skyn­lik kan ont­lui­ken­de e­ko­no­mieë wat lae skuld­vlak­ke en ’n ap­tyt vir in­ge­voer­de kom­mo­di­tei­te het, tans as die e­nig­ste hoop ge­sien word om wê­reld­wye groei weer aan die gang te kry na­dat de­fla­sie so sterk hou­vas ge­kry het.

In­dië lyk om­trent na die e­nig­ste land wat aan hier­die ver­wag­tin­ge kan vol­doen.

Dit is reeds die snels groei­en­de e­ko­no­mie en vol­gens die In- ter­na­si­o­na­le Mo­ne­tê­re Fonds (IMF) sal dit in 2015 die wê­reld se se­wen­de groot­ste wees. Dit klink mis­kien nie na veel nie, maar China was die ses­de groot­ste e­ko­no­mie in 2000 toe dit die kom­mo­di­teits­bul­mark aan die gang ge­sit het.

Ge­sien teen die ag­ter­grond van ’n erns­tig ver­swak­te vraag na kom­mo­di­tei­te in ver­al China en Eu­ro­pa, word die groei­voor­uit­sig­te vir die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie ook gaan­de­weg swak­ker. En jam­mer ge­noeg, gaan geen ge­smag van die kom­mu­nis­te na hul “na­si­o­na­le de­mo­kra­tie­se re­vo­lu­sie” ons uit hier­die pe­na­rie kry nie.

Gro­ter bin­ne­land­se be­spa­rings­vlak­ke, streng fis­ka­le en mo­ne­tê­re­be­leids­dis­si­pli­ne en ho­ër pro­duk­ti­wi­teit (wat so­wel ar­beid as ka­pi­taal be­tref) is as­pek­te wat nou voor­rang be­hoort te ge­niet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.