Boer kan ’n plan maak vir kre­diet

Beeld - - Landbousake - Vi­da Booy­sen

Saai­boe­re in Noord­wes en die Vry­staat het die af­ge­lo­pe sei­soen ge­buk ge­gaan on­der droog­te, en daar heers groot kom­mer oor die be­skik­baar­heid van pro­duk­sie­kre­diet.

Vol­gens Graan SA maak 83% van Suid-A­fri­kaan­se boe­re van le­nings ge­bruik om hul pro­duk­sie­kos­te te dek, maar kom­mer­sie­le ban­ke en landbou-on­der­ne­mings wat pro­duk­sie­kre­diet ver­skaf, het nie die be­weeg­ruim­te om al­mal oor die­self­de kam te skeer wan­neer daar oor die vol­gen­de sei­soen se pro­duk­sie­kre­diet on­der­han­del word nie.

“Kre­diet is be­skik­baar, maar die reg­te ou moet oor­kant die ta­fel sit,” sê Fran­cois S­try­dom be­stu­ren­de di­rek­teur van Sen­wes.

Die be­lang­rik­ste faktor waar­na die kre­diet­ver­le­ner van­jaar kyk, is of die boer be­wys kan le­wer van sy ver­moë om te­rug te be­taal.

“As hy ’n ge­skie­de­nis van be­trou­baar­heid het, kan ons baie ge­dul­dig wees oor die te­rug­be­ta­ling van die le­ning.”

In ge­sprek­ke wat Graan SA met die vier groot han­dels­ban­ke ge­voer het, is die ver­se­ke­ring ge­gee dat die ban­ke hul deel sal doen om boe­re deur die droog­te­kri­sis te kry, sê Jan­nie de Vil­liers uit­voe­ren­de hoof van Graan SA.

“Ban­ke weet as hul­le ’n boer ver­loor, ver­loor hul­le ook ’n kli­ënt.

“Dan moet hul­le weer op ’n an­der plek kli­ën­te gaan werf, en hul­le wil ook hul mark­aan­deel be­skerm.”

Die bank kyk hoe sy kli­ënt in die al­ge­meen sy pro­duk­sie­ri­si­ko be­stuur, ver­dui­de­lik MC Loock, se­ni­or be­stuur­der van pri­mê­re landbou by Stan­dard Bank.

“Die boer moet self ’n plan hê om die droog­te te be­stuur, en die bank kyk dan na die al­ge­he­le pak­ket – by­voor­beeld hoe om­sig­tig die boer sy pro­duk­sie­kos­te be­stuur, of hy stra­te­gie­se ver­an­de­rings doen soos om droog­te­be­stan­de kul­ti­vars aan te plant – en dan kan ons be­sluit of ons sy plan aan­vaar.”

Loock sê boe­re en ban­ke het ’n aan­tal fi­nan­sie­rings­op­sies tot hul be­skik­king.

Vir die­ge­ne wat nie hul pro­duk­sie­kos­te kan dek nie, is daar ’n moont­lik­heid om die oor­drag­pro­duk­sie­kos­te oor ’n tyd­perk te struk­tu­reer, teen se­ku­ri­teit.

“As jy reeds nie die se­ku­ri­teit het om jou ter­myn­ge­rief te dek nie, sal jy dalk on­pro­duk­tie­we ba­tes moet ver­koop om jou on­der­ne­ming te her­ka­pi­ta­li­seer,” sê Loock.

Boe­re wat reeds hul pro­duk­sie­kos­te en oor­hoof­se kos­te ge­dek het, maar nie die lang­ter­myn­skuld se ka­pi­taal of ren­te kan te­rug­be­taal nie, sal die te­rug­be­ta­ling moet her­ske­du­leer – moont­lik deur ’n “be­ta­lings­blaas­kans” te neem, maar Loock waar­sku dat dié op­sie duur kan wees.

“Ná die in­een­stor­ting van A­fri­can Bank het die Re­ser­we­bank streng re­gu­la­sies in­ge­stel wat ban­ke ver­plig om jou on­der­ne­ming in ’n ho­ë­ri­si­ko-af­de­ling te plaas, met ge­volg­lik ook ’n ho­ër ren­te­koers.”

Dit kan dalk in ’n boer se be­lang wees om in hier­die ge­val eer­der ’n gro­ter oor­trok­ke ge­rief te be­ding.

Fo­to: JA­NA S­MIT

Saai­boe­re in Noord­wes en die Vry­staat het die af­ge­lo­pe sei­soen ge­buk ge­gaan on­der die erg­ste droog­te se­dert 1992.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.