Dié bas­ter­mie­lies wys droog­te wie is baas

Beeld - - Landbousake -

Klein­boe­re wat vir die eer­ste keer die af­ge­lo­pe sei­soen droog­te­ver­draag­sa­me bas­ter­mie­lies ge­plant het, het hul op­brengs­te ver­dub­bel. Vol­gens ’n ver­kla­ring van We­ma (Wa­ter Ef­fi­cient Mai­ze for Africa) het vier klein­boe­re van Mooi­fon­tein na­by Lich­ten­burg in Noord­wes, wat die droog­te­ver­draag­sa­me mielies ge­plant het, ’n ge­mid­del­de op­brengs van 2 t/ha ge­kry ver­ge­le­ke met 1,5 t/ha vir kon­ven­si­o­ne­le bas­ters. Die ge­mid­del­de re­ën­val ge­du­ren­de die sei­soen was 250 mm ver­ge­le­ke met ge­mid­deld 500 mm in ge­wo­ne ja­re. Dr. Thu­la Dla­mi­ni, landbou­e­ko­noom van die Land­bou­na­vor­sings­raad (LNR), be­skou dié op­brengs as ’n be­son­de­re pres­ta­sie. “Boe­re gaan waar­skyn­lik hul plaas­hek­in­kom­ste van­jaar ver­dub­bel. Die ver­wag­ting is dat meer op­ko­men­de boe­re te­rug na die landbou ge­lok sal word.”

Vyf A­fri­ka­lan­de is be­trok­ke by die We­ma­pro­jek, on­der meer Suid­A­fri­ka deur die LNR.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.